Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Cheetah-kleur laat Tukkie Toyota wen
Nov 16 2008 10:19:05:833PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Die 19-jarige Tukkie-student Stephani le Roux van Centurion in die nuwe Toyota Corolla 1.4 Professional wat sy in Toyota, RSG en die Beeld-Kinderfonds se jaarlikse motorkompetisie gewen het.Foto: Alan Murdoch
Sarel van der Walt


Oranje trek Cheetah-ondersteuners aan soos nektar vir bye.

Daarom het die 19-jarige Cheetah-ondersteuner me. Stephani le Roux van Centurion Saterdagoggend nie getwyfel watter kleur boksie sy sou optel met die finale trekking van Toyota/RSG en die Beeld-Kinderfonds se motorkompetisie nie.

’n Toyota 1.4 Professional ter waarde van sowat R153 000 was vanjaar op die spel.

“Ek is ’n Cheetah-ondersteuner en oranje is ons kleur. Daarom vat ek dié oranje boksie,” het sy senuagtig by Toyota se hoofkantoor in Sandton gesê.

Minute later – nadat die ses ander finaliste ook húl boksies van verskillende kleure gekies het – het elkeen afsonderlik sy of haar boksie oopgemaak en gelees wat hulle wen.

Toe Le Roux se beurt kom, het sy hare oopgemaak, vinnig na die briefie geloer, ’n oomblik stomgeslaan gelyk en toe baie opgewonde gesê: “Ek het hom gewen!”

’n Rukkie later het sy opgemerk: “Die Cheetahs het dalk nie vanjaar die Curriebeker gewen nie, maar die Cheetah-kleur het vandag vir my geluk gebring!”

Le Roux is ’n eerstejaarstudent in menslike fisiologie aan die Universiteit van Pretoria.

Minder as drie ure later was sy in die eksamenlokaal besig om ’n voor?bereidingseksamen in wiskunde te skryf.

“Dit het goed gegaan, ondanks al die opgewondenheid. Hopelik gaan dit Maandag met die regte eksamen ook goed,” het Le Roux gistermiddag gesê. Sy hoop om later keuring te kry om medies te studeer.

Meer as 45 000 kaartjies vir dié gewilde wedstryd is verkoop.

Die geld wat só ingesamel is, sal gebruik word om behoeftige kinders te help.

Die ouditeursfirma PricewaterhouseCoopers het toesig gehou oor die trekking.

Die ander finaliste het elk R1 000 óf R5 000 gewen.

  • Intussen is daar nog enkele kaartjies teen R60 stuk oor vir die Kinderfonds se Kerskonsert wat op 25 November by Unisa in Pretoria gehou word. Verskeie bekendes soos Jannie Moolman, Mathys Roets, Juanita du Plessis en André Schwartz sal optree.

    Skakel 011 976 2273 om te bespreek.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |