Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
'Kwadfiets-seun' praat, loop
Die vierjarige seuntjie wat verlede week ernstig in ’n kwadfietsongeluk in Pretoria beseer is, sterk vinnig aan. Derik van Heerden jr. se toestand het sedert Vrydag aansienlik verbeter, het sy ma, Debbie, gister gesê. “Hy het sedert die naweek begin praat, loop en eet. Ons is baie dankbaar dat hy so vinnig gesond word. Dit lyk nie in dié stadium of daar enige breinskade is of enige groot opvolgoperasies nodig gaan wees nie.” Derik het verlede Dinsdag ernstige gesigbeserings naby sy ouerhuis in Mountain View opgedoen toe sy kwadfiets teen ’n baksteenmuur gebots het. Hy het nie ’n valhelm gedra nie en het al die beentjies in sy gesig en ’n deel van sy skedel gebreek. “Hy is vanoggend (gisteroggend) van die hoësorgeenheid na die kindersaal oorgeplaas. “Dit gaan regtig baie goed met hom,” het mev. Van Heerden gesê. Sy het gesê die vloeistof in Derik se brein het opgehou dreineer en hy is die naweek van die ventilator afgehaal. Al kry sy en haar man, Derik sr., “geweldige ondersteuning” sedert die ongeluk, het iemand vandeesweek ’n e-pos versprei dat hul seuntjie die naweek dood is. “Ons is verskriklik omgekrap oor die boodskap. ’n Mens kan nie glo daar is iemand wat sulke goed kan doen nie. “Ons het reeds ’n e-pos uitgestuur om almal te laat weet dit is nie waar nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|