Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'My hart is flenters'
Nov 18 2008 10:03:06:167PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Troufoto van mnr. Henk Albertyn, wat gisteroggend vermoor is, en sy vrou, Karlien.
Daniel Maluleke


Drie dae nadat mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, beloof het plaasaanvalle sal met wortel en tak uitgeroei word, is ’n pa op ’n hoewe naby Pretoria vermoor.

“As die polisie dadelik ná die voorval in die rigting gejaag het waarin die moordenaars gevlug het, het hulle hulle dalk vasgetrek,” het mnr. Schalk Albertyn gister gesê.

Sy broer, Henk (44), is gisteroggend omstreeks 01:00 doodgeskiet terwyl hy op ’n hoewe by Donkerhoek, oos van Pretoria, op sy rekenaar gewerk het.

Vier gewapende mans het ’n glasdeur gebreek om by die huis in te kom.

Mev. Karlien Albertyn (40) en hul twee seuns, Altus (7) en Braam (4), het geslaap toe die skote hulle wakker gemaak het.

Sy het gaan kyk wat aangaan, terwyl die seuntjies, in ’n duvet toegewikkel, in die badkamer gaan wegkruip het.

Mnr. Willie van der Schyff, ’n buurman, en die Albertyn-broers se ma en stiefpa het ook onmiddellik na die huis gegaan.

Die gewonde Albertyn is na die Wilgers-hospitaal gehaas, maar is op pad daarheen dood verklaar, al het sy broer en Van der Schyff alles in hul vermoë gedoen om sy lewe te red.

Henk en Karlien Albertyn was 12 jaar getroud.

Die rowers het met sy pistool gevlug. Daar is nog nie vasgestel of hulle enigiets anders gevat het nie.

“Ons voel die polisie het nie genoeg gedoen om die verdagtes op te spoor nie. Hulle het net op die toneel rondgeloop, eerder as om flink op te tree,” het Schalk Albertyn gesê.

’n Verpletterde Van der Schyff het gesê hy kan nie glo wat met sy buurman gebeur het nie. “Dit lyk asof ons nou ook sulke voorvalle soos die Kameeldrift-gebied ondervind.”

Dis juis waar Mthethwa Saterdag die onderneming gegee het dat plaasaanvalle uitgeroei sal word.

“Ek is verskriklik stukkend. My hart is flenters,” het me. Alta Espach, die Albertyn-broers se ma, in trane gesê.

“Die mense het die reg om klagte in te dien as hulle nie met ons diens tevrede is nie, maar ek glo die polisie het hul bes gedoen deur genoeg inligting van die slagoffers in te samel wat ons in staat kan stel om ’n deurbraak te maak,” het mnr. Johannes Japhta, polisiewoordvoerder, gesê.

Toe die polisie gister op die hoewe aankom, was die familie op pad hospitaal toe en hulle kon nie onmiddellik leidrade kry om op te volg nie. Dis hoekom hulle nie die rowers kon agtervolg nie, het Japhta gesê.

Die polisie het ’n span ontplooi om die gebied te patrolleer.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |