Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Luke kan weer vir SA speel
Nov 18 2008 10:03:01:870PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Stephen Nell


Luke Watson is weer beskikbaar vir Suid-Afrika ná ’n vergadering tussen die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) en die departement van sport en ontspanning waarna aangekondig is die springbok gaan na die ander kant van die nasionale span se truie skuif.

“Ek is verheug oor die uitslag. Ek sal gelukkig wees om onder die nasionale embleem te speel,” het Watson gister gesê.

Saru het gister ook aangekondig dat hy nie sal poog om verdere tugstappe teen Watson te doen oor beweerde uitsprake wat hy op 3 Oktober by die Ubumbo-rugbyfees by die Universiteit van Kaapstad gemaak het nie.

Watson het glo in ’n forumgesprek oor transformasie gesê hy moes hom daarvan weerhou om op die Springbok-trui te braak.

Sy tugverhoor verlede week het op ’n tegniese punt op dadels uitgeloop.

“Ek is vandag ’n baie gelukkige man. Dis goeie nuus aan albei fronte,” het Watson gesê.

“Ons demokrasie is gegrond op die beginsels van kompromis en versoening.

“Die nuwe nasionale embleem gee vir mense wat nooit die kans gehad het nie die geleentheid om te assosieer met ’n embleem wat hom vereenselwig met die meerderheid.

“Met die springbok aan die regterkant van die trui, gun dit ook vir mense die kans wat met daardie tradisie en geskiedenis asso?sieer om daaraan vas te hou.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |