Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Hul kry vraestel én antwoorde
Nov 19 2008 10:24:40:580AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Maygene de Wee

Kaapstad. - Ontevredenheid heers onder tweedejaar-sielkundestudente aan die Universiteit Stellenbosch nadat die antwoordstel vir hul sielkunde 252-eksamen aan die vraestel geheg was.

Die studente het die vraestel oor die naweek geskryf.

Prof. Ashraf Kagee van die departement sielkunde het die betrokke studente in 'n e-pos om verskoning gevra.

Hy sê daarin die memorandum (antwoordstel) is foutiewelik aan die vraestel geheg, maar dat alle studente 'n regverdige punt vir die eksamen sal kry. Daar sal van niemand vereis word om die eksamen oor te skryf nie.

'n Voormalige sielkundestudent wat die e-pos onder oë gehad het, het gesê van die studente wat die vraestel geskryf het, het gesê daar is nie 'n manier waarop 'n regverdige punt aan almal toegeken kan word nie.

"Hoe gaan die universiteit vasstel wie het en wie het nié die antwoorde gesien nie?"

Mnr. Mohamed Shaikh, senior direkteur: kommunikasie en skakeling aan die US, het gesê slegs 'n klein hoeveelheid van die 517 studente het die memorandum onder oë gehad en dit was net in een eksamenlokaal beskikbaar.

Die departement sielkunde vergelyk tans die punte van studente wat in die betrokke lokaal geskryf het statisties met dié van studente in die ander lokale, waarna op 'n gepaste aanpassing al dan nie besluit sal word.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |