Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Ja, ons kan soos Obama maak!
Polokwane. – Het die DA die verkose Amerikaanse president Barack Obama se veldtog net só ingevoer? Enigiemand wat die Amerikaanse verkiesing dopgehou het, sou opgemerk het dat Obama se logo en die DA se nuwe logo baie eenderse trekke het. Boonop het die DA ook by dele van Obama se veldtog aangesteek. Toe me. Helen Zille, DA-leier, tydens die bekendstelling van die DA se nuwe beeld Saterdag gesê het die DA kan rasse-politiek oorkom, het die skare spontaan begin skree: “Ja, ons kan!” Mnr. Ryan Coetzee, DA-hoofbeampte, het gesê dié ooreenkomste was nie doelbewus nie, maar toevallig. Hy het gesê daar is raakpunte tussen die DA en Obama se veldtogte, soos dat hulle albei ’n einde aan ras-politiek wil maak. Hy het gesê die logo is deur ’n advertensieagentskap, wie se naam hy nie wou bekend maak nie, ontwerp. “Daar was baie weergawes van die logo waardeur ons gekyk het en aan die einde het ons dié een gekies.” Hy het gesê die mense wat Obama se logo ontwerp het en dié wat die DA s’n ontwerp het, het waarskynlik dieselfde opdrag gehad. “Die son is gewoonlik ’n simbool van groei, hoop en vooruitgang,” het hy gesê. Hy het ook gesê die kleure in die DA se simbool is veral vir die party belangrik. “Die verskillende kleure weerspieël ons toewyding tot diversiteit,” het hy gesê. Mnr. William Gumede, senior vennoot en programdirekteur by die Afrika-Asië-sentrum aan die Universiteit van Londen, meen egter ’n goeie logo maak nie ’n verkiesing nie. “Die Obama-fenomeen is ’n pakket van beleid-substansie, geloofwaardigheid, eenheid en hoop vir die toekoms. Maar dit gaan ook om die opbou van ’n groot voetsoolvlak-netwerk, wat toevallig altyd ’n vereiste was in Suid-Afrika vir ’n suksesvolle party. Dit was die geval met die NP in sy glorie-dae én die ANC,” het hy gesê. Hy het gesê die DA moet ’n geloofwaardige beleid kry ten opsigte van transformasie, want die persepsies was altyd dat die DA teen transformasie was. “Kan dit met ’n nuwe boodskap vorendag kom, wat nie die ANC oor transformasie kritiseer nie, maar ’n alternatief bied wat vir swart en wit geloofwaardig is?” Hy het ook gesê die meerderheid van Suid-Afrika se swart werkersklas het nie toegang tot tegnologie soos die internet nie, so hulle moet deur organisasies soos die kerk en op persoonlike vlak bereik word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|