Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Vrou voor rekenaar geskiet
Nov 19 2008 09:37:58:323PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Herman Scholtz

’n Vrou is in die kop geskiet en het gesterf in haar huis op die Blue Hills-kleinhoewe buite Midrand.

Insp. Mmakgomo Semone, polisiewoordvoerder, het gesê ’n onbekende aantal indringers het toegang tot die perseel gekry deur die hek te ontspoor.

“Die vrou het by haar rekenaar gesit toe sy geskiet is,” het hy gesê.

Volgens mnr. Nick Dollman, Netcare 911-woordvoerder, het hulle gister om streeks 00:48 ’n noodoproep gekry.

“Ons het op haar lyk afgekom.”

Semone het gesê sy was alleen in die huis.

Hy het gesê die motief vir die moord is onbekend, aangesien niks uit die huis gesteel is nie.

’n Man is op 28 Oktober naby aan die jongste moordtoneel met ’n kopskoot óók omstreeks middernag voor sy rekenaar vermoor.

Semone het gesê die polisie ondersoek die moontlikheid dat dié voorvalle verband hou.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |