Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ashley Callie-saak sloer
Die hofsaak om te bepaal wie vir die dood van die aktrise Ashley Callie in ’n motorongeluk verantwoordelik is, kan steeds nie aan die gang kom nie. Die saak waarin mnr. Nicolaas Pretorius (21) van haar dood beskuldig word, is gister weer in die Randburg-landdroshof uitgestel – dié keer omdat sy prokureur se afskrif van die polisiedossier van “swak kwaliteit” is. Pretorius, wat op 8 Februarie met ’n Renault Scénic-motor by die kruising van Tana- en Lindenweg in Emmarentia, Johannesburg, in Callie se Smart-motor vasgery het, word van strafbare manslag en roekelose bestuur aangekla. Vyf vriende was saam met hom in die motor. Callie, wat met erge kopbeserings in ’n hospitaal opgeneem is, is ’n week later dood. Mnr. Ronald Lotz, Pretorius se regsverteenwoordiger, het aan landdros Fatima Khan gesê die gehalte van foto’s in die dossier is so sleg dat hy nie met sy kliënt kan konsulteer nie. Hy kan ook nie die swart-en-wit-afskrifte gebruik in konsultasies met ’n deskundige wat sal help om die ongeluktoneel te rekonstrueer nie. Lotz het gesê hy weier om R2 140 te betaal om kleurafskrifte by die Johannesburgse metropolisie te kry en het gesê dis die staat se verantwoordelikheid om afskrifte beskikbaar te stel. Khan het daarna aangedui dat vyf stelle kleurafskrifte beskikbaar sal wees wanneer die saak op 14 Januarie voortgaan. Buite die hof het Lotz aangedui die saak gaan moontlik dan weer uitgestel word omdat dit drie tot vier maande sal neem om die toneel te rekonstrueer.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|