Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

SA onnie 2de uit 250
Nov 20 2008 09:29:55:170PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Me. Sarietjie Musgrave
Alet Rademeyer

Onderwysers dink baiekeer dit waarmee hulle besig is, is nie regtig vernuwend nie.

Eers wanneer ’n mens ’n toekenning daarvoor kry, besef jy jy maak tog ’n verskil.

So meen me. Sarietjie Musgrave van die Hoër Meisieskool Eunice in Bloemfontein in die Vrystaat. Sy het vandeesmaand tweede geëindig in die gemeenskapsafdeling van Microsoft se internasionale wedstryd vir vernuwende onderwysers.

Die wedstryd vereer onderwysers wat tegnologie op vernuwende maniere in die klaskamer toepas. Meer as 250 onderwysers van 64 lande het deelgeneem.

Musgrave is in Hongkong as naaswenner aangewys vir ’n projek waaraan 64 van haar gr. 10-leerlinge deelgeneem het. Hulle het tegnologie gebruik om gestremdes se lewe te verbeter.

Van die projekte waarmee Musgrave se leerlinge vorendag gekom het, was om tegnologie te gebruik om gestremdes ’n CV te laat opstel om vir werk aansoek te doen.

Bejaardes met familie oorsee is geleer hoe om e-pos te gebruik en ’n kind is met behulp van tegnologie vir skoolgereedheid getoets. Voorts is dowes gehelp om met behulp van tegnologie te kommunikeer.

Musgrave het gesê een van die hoogtepunte van haar besoek aan Hongkong was die verpligte interaksie met onderwysers van ander lande. Hulle het idees uitgeruil oor hoe onderwys verbeter kan word.

“Dit het my herinner aan hoekom ek in die onderwys is – om my liefde te deel om nuwe dinge aan te leer en om ’n verskil in mense se lewe te maak.”

Musgrave het gesê sy het nie gedink sy sal soveel sukses hê om leerlinge by die projekte te betrek nie.

“Die projek het uiteindelik ook húl lewe verander.”

Me. Reza Bardien, onderwyserleier by Microsoft Suid-Afrika, het gesê die wedstryd het onderwysers van oor die wêreld heen die kans gegee om idees en ervarings uit te ruil oor hoe onderrigtegnieke in tegnologie verbeter kan word.

Die wedstryd is in 2003 ingestel en het al meer as 18 000 onderwysers en meer as 1,7 miljoen leerlinge in Suid-Afrika bereik.

Wêreldwyd is meer as 123 miljoen onderwysers en leerlinge in 103 lande bereik.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |