Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Hulle bly tot in die lykhuis
In Dark City woon mense selfs in die lykhuis. Hulle het ook in die ou toilette en operasiesale van Westfort, ’n voormalige melaatsehospitaal in die weste van Pretoria, ingetrek, vertel mnr. Pieter Breedt, ’n inwoner. Die hospitaal het in 1997 sy deure gesluit. “Hier woon tans meer as 1 500 gesinne en ek skat sowat 500 onwettige immigrante. Kyk daai vertrek,” sê Breedt en wys oor sy skouer. “Daar het gisteraand 15 mense in daai vertrek van 6 m by 6 m geslaap.” Asof dít nie genoeg is nie, het hulle al vier jaar lank geen krag of water nie en gebruik die bosse vir toilette. “Die onderste boorgatpomp is gesteel en by die boonste een het ek self my eie pomp ingesit. “Ek help die mense tydelik met water hier. Ek gebruik my eie kragopwekker om water te pomp. Dit kos my R100 per dag aan brandstof. Ek vra die inwoners R1 vir ’n 25 F-kan water. Dit is net vir drinkwater. Ons spoeltoilette werk nie meer nie. Die mense gaan sit sommer in die bos. Hier is geen sanitasie nie,” sê Breedt. “Dis baie gevaarlik hier snags. Hulle noem dit nie verniet Dark City nie. Ons waag dit nie buite in die donkerte nie, want hier is baie skelms wat oornag. Die enigste paadjie waarop ons dit nog kan waag, is kerk toe en terug.” Mnr. André Snyman, wat saam met sy drie kinders daar woon, meen die regering is vol beloftes, maar doen niks om hul nood te verlig nie. Hy sê dis ongelooflik onhigiënies in Westfort. Volgens Breedt beslaan die perseel sowat 395 ha en dit het 375 wooneenhede. Van die geboue dateer van die laat 1800’s. “Mense bly selfs in die ou lykhuis. Hier staan die toiletgebou met tien afsonderlike toiletvertrekkies langs mekaar. In elke toiletvertrek woon daar minstens twee mense. Dis skaars 3 m by 2 m. “Die ou woonkwartiere van die verpleegsters is glad nie geskik vir menslike gebruik nie, maar mense woon daar. Die plek is vol krake.” Mnr. Absalom Ditshoke, Tshwane-burgemeesterskomiteelid vir behuising, sê Westfort is ’n nasionale gedenkwaardigheid. Die mense wat daar woon, het die plek onwettig beset. Hy was gister daar en het erken daar is ernstige probleme. Een bron van kommer is mense wat net kan inkom en gaan sonder behoorlike beheer. Weens die onwettige besetting het die mense nooit oor die geriewe gekla nie. Eergister gedurende ’n imbizo by Lotus Gardens (reg langs Westfort) het die gemeenskap dit geopper. Volgens Ditshoke gaan die raad dadelik aandag gee aan die waternood.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|