Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Leeupark: klagte teruggetrek
Nov 20 2008 09:29:49:933PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Amanda Roestoff

Die aanklagte teen twee van ses verdagtes wat weens ’n gewapende rooftog en die moord meer as vyf maande gelede op ’n besoeker aan die Leeupark in Muldersdrift aan die Wes-Rand aangekla is, is gister in die Krugersdorpse streekhof teruggetrek.

Mnre. Champion Malatsi, Nkosinathi Nthembu, Thabo Msimande, Daniël Seoka, Jan Ngobela en Sicelo Masondo, almal tussen 23 en 30 jaar oud, is weens die moord op mnr. Kurt Dieter Huppe (27) van die Oos-Rand, aangekla.

Huppe is op 6 Julie summier in die bors geskiet toe hy niksvermoedend uit die badkamer by die restaurant in die Leeupark na me. Stacey Wooley (23), sy swanger vriendin, en haar sesjarige dogtertjie gestap het.

’n Groep van minstens agt mans het toe die restaurant binnegestorm en dagbesoekers, toeriste en werkers met vuurwapens aangehou en geld gebuit.

Die ses is op 8 Oktober in Diepsloot, noordwes van Johannesburg, aangekeer.

Twee lede van die rowerbende is steeds soek.

’n Uitkenningsparade is op 28 Oktober gehou.

Die saak is gister van die Krugersdorpse landdroshof na die streekhof oorgeplaas, waarna aanklagte van moord en gewapende roof teen mnre. Seoka en Msimande teruggetrek is omdat die staat hulle nie positief met die voorval kon verbind nie.

Die ander vier verdagtes bly in aanhouding en sal volgende week in die streekhof om borgtog aansoek doen.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |