Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Sigaretpakkies dalk gou selfde
Durban. – Sigaretpakkies wat almal eenders lyk: sonder enige handelsmerke en aantreklike kleure. Dít gaan die nuwe mylpaal in tabakbeheermaat-reëls wees, het mnr. Harley Stanton, raadgewer van ’n sekretariaat van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se raamwerkkonvensie oor tabakbeheer, gister gesê. Dit kom terwyl die getal lande wat vereis dat gesondheidswaarskuwings op sigaretpakkies ook prentjies moet insluit, die laaste drie jaar sedert die totstandkoming van die konvensie verdriedubbel het. Egipte het hierdie waarskuwingsprentjies pas wet gemaak en Suid-Afrika se nuwe wetgewing sal na verwagting aanstaande jaar in werking tree. Verteenwoordigers van 128 van die konvensie se 160 lidlande onderhandel vandeesweek in Durban oor die verskerping van tabakbeheermaatreëls. Voorstelle wat bespreek word, is onder meer ’n algehele verbod op tabakadvertensies, bemarking en borgskappe. Dié verbod sal beteken dat lidlande se owerhede op dieselfde eenvormige verpakking vir alle soorte sigarette sal besluit. Die pakkies sal twee kontrasterende kleure hê en slegs die handelsnaam, aantal sigarette en gesondheidswaarskuwings op hê. In Tasmanië, waar die maatreëls reeds ingestel is, word sigarette van onder die toonbank verkoop en is daar net ’n gedrukte lys van watter soorte sigarette te kry is, het Stanton gesê. Volgens hom is daar min teenstand onder die afgevaardigdes teen dié riglyne. As die konferensie dit aanvaar, sal lidlande verplig word om ’n algehele verbod af te dwing.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|