Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Gautrein-bedrog ondersoek
Nov 20 2008 09:29:42:857PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Cobus Coetzee

Gauteng se premier moet ingryp in die ondersoek na bedrog van sowat R6,5 miljoen in die Gautrein-projek.

So het mnr. James Swart, DA-LPW, gister geëis nadat dit op die lappe gekom het dat daar moontlik geld in die R20 miljard-projek verduister is.

Luidens ’n beëdigde verklaring wat by ’n forensiese ondersoek ingesluit is, is vier betalings ter waarde van meer as R7,1 miljoen aan ’n persoon gedoen in ruil vir ’n deel van sy eiendom in Midrand.

Net die eerste van dié betalings, ter waarde van R633 000, was egter wettig. Die ander betalings, onderskeidelik ter waarde van R850 000, R2,401 miljoen en R3,264 miljoen, is verdag.

Verskeie werknemers ontken luidens die verklaring dat hulle die betalings goedgekeur het.

Luidens die verslag is hul name gebruik, maar lyk dit of dit nie werklik hul handskrifte en handtekeninge op die dokumente is wat die betalings goedgekeur het nie.

“Daar moet dringend ’n volledige ondersoek gelas word. Die departementshoof (mnr. Sibusiso Buthelezi) moet geskors word en die LUR (mnr. Ignatius Jacobs) en die premier (mnr. Paul Ma-shatile) moet ingryp,” het Swart gesê.

“Die projek wat as kraakskoon voorgehou is, is dan dalk nie so kraakskoon nie.”

Die Gautengse departement van vervoer het bevestig dat ’n ondersoek oor die aangeleentheid afgehandel is.

Volgens mnr. Alfred Nhlapo, woordvoerder van die departement, is die verslag se bevindings by die polisie.

Supt. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het egter gesê die verslag is aan die departement teruggegee omdat die ondersoek “onvolledig” was.

“As die polisie nie vermoed ’n misdaad is gepleeg nie, word ’n saak nie oopgemaak as dit aangemeld word nie,” het hy gesê.

Nie die departement of Gautrein het die forensiese ondersoek in hul jaarverslae genoem nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |