Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Klagte kom teen oudpremier
Nov 20 2008 09:29:41:560PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Jeanne-Marié Versluis


Die Skerpioene het besluit om mnr. Ngoako Ramatlhodi, oudpremier van Limpopo, van korrupsie aan te kla.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) wou nie gister die sluier lig oor die aantal aanklagte en die inhoud daarvan teen Ramatlhodi, ’n lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, nie.

Mnr. Tlali Tlali, NVG-woordvoerder, het net gesê dis korrupsieklagte.

Die ANC het die NVG veroordeel dat hy “Ramatlhodi deur die media aankla sonder dat enige regsdokumente op hom beteken is”.

Tlali het gesê Ramatlhodi het ’n voorlegging aan adv. Mokotedi Mpshe, waarnemende nasionale direkteur van openbare vervolging (DOV), gedoen. Mpshe oorweeg dit nou.

Ramatlhodi (53), wat as advokaat van die hooggeregshof toegelaat wil word, het in September in ’n eedsverklaring voor die hof gesê die bewerings teen hom is lasterlik en onwaar.

Hy sê ’n bewering is gemaak dat hy omkoopgeld van R5 miljoen ontvang het en ’n belang in ’n entiteit het waaraan die Limpopo-regering ’n kontrak toegeken het toe hy nog premier was.

“Ek het nie enige korrupte betaling ontvang nie en het geen belange hoegenaamd in die entiteit Northern Corporate Investments Holdings (Edms.) Bpk. (Nicoh) nie.”

Ramatlhodi kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Hy het in 2004 die eerste keer aansoek gedoen om as advokaat toegelaat te word.

Die hof het die aansoek toe onbepaald uitgestel. Die hof het ook gelas dat dit nie weer op die rol geplaas word voordat die Skerpioene se ondersoek, waarby die oudpremier regstreeks of onregstreeks betrokke is, afgehandel is nie.

Luidens Ramatlhodi se verklaring lyk dit vir hom hy is onregstreeks by sekere ondersoeke deur die nasionale DOV na die sake van ’n prokureur, ene mnr. Solomon Mohale, en ’n sakeman, mnr. Gideon Serote, betrek.

“My onvermoë om as ’n advokaat toegelaat te word stuur ’n boodskap aan my kollegas, familie en die groter samelewing dat ek nie ’n waardige kandidaat is nie en dat ek iets onwettigs en/of immoreels gedoen het.”

Noudat Ramatlhodi weer om advokaatskap aansoek doen, het die Pretoriase Vereniging van Advokate die hof gevra om tussenbeide te kan tree.

Adv. Pat Ellis SC, lid van die vereniging en sameroeper van die professionele en etiekkomitee wat deur die balieraad aangewys is, sê in ’n eedsverklaring Ramatlhodi se aansoek is “fataal defektief”.

Een gebrek, volgens Ellis, is dat Ramatlhodi nie aandui sy regsgraad aan die Universiteit van Lesotho is volgens ’n Suid-Afrikaanse universiteit gelyk of beter as ’n regsgraad aan ’n Suid-Afrikaanse instelling nie.

Daarby verwys Ellis na die NVG se besluit om strafregtelike klagte teen Ramatlhodi in te stel. Hy sê die klagte blyk ernstig te wees.

Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het gesê al re-spekteer die party die proses, is hy besorg daaroor dat die saak jare lank gesloer het.

Dit het Ramatlhodi “groot skade en vooroordeel” besorg “en sy pogings om as ’n advokaat toegelaat te word skade berokken”.

“Die ANC bevraagteken altyd wat ons as ’n neiging by die NVG beskou om openbare aankondigings te doen om ANC-leiers deur die media aan te kla.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |