Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Mopaniewurm so reg in krale
Elana Carstens Die 112 Mej. Wêreld-finaliste het gister van skoonheidskoninginne in tradisionele Afrika-mama's verander toe hulle geleer is hoe om krale in te ryg. Die skoonhede gaan oor sewe dae verskeie tradisionele aktiwiteite as deel van die beoordelingsproses aanpak. Die dames het eergister by die Zebra Country Lodge in die noorde van Pretoria aangekom, waar hulle aandete met die koning van Monomatapa geniet het. Me. Julia Morley, voorsitter en organiseerder van die Mej. Wêreld-kompetisie, het gesê die skoonhede geniet die tradisionele aktiwiteite. "Die meisies is almal positief oor Suid-Afrika en kon nog net goeie goed oor die land sê. Hulle wil almal met trane in hul oë 'n verskil aan die land maak," het Morley gesê. Die vroue het gistermiddag na Entabeni in Limpopo vertrek waar hulle die volgende vier dae gaan wees. Die finaliste was almal opgewonde oor die Suid-Afrikaanse uitrustings wat hulle by die kroningsplegtigheid gaan dra. Dora Mwima, Mej. Uganda, wie se uitrusting deur Malick Basdien ontwerp is, sê sy kan nie wag om die rok te dra nie. "Ek voel so aantreklik in die rok. As ek my sin kry, sal ek dit dag en nag dra." Baie ander finaliste wil graag weer terugkom na Suid-Afrika omdat dit na hul mening "die mooiste land ooit is".
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|