Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Deur 2 deure, skiet vrou
“Selfs toe ek haar mond-tot-mond-asemhaling gegee het, het ek kalmte ervaar. “Ek het geweet as God my ma wil terughê, kan ek net namens haar dankbaar wees, want ek weet sy is nou gelukkig.” Dr. Duncan Prinsloo jr., ’n veearts van Wapadrand in Pretoria, het gisteroggend vergeefs die lewe van sy ma, Laetitia (54), probeer red. Twee moordenaars het gister ná 04:00 op haar en sy pa, dr. Duncan Prinsloo sr. (61), begin skiet waar hulle in hul bed gelê het op hul kleinhoewe by Vaalbank, wes van Bronkhorstspruit. Mev. Prinsloo is op die toneel dood. Haar man, ’n gesiene veearts, is in die rug getref. Hy is in ’n ernstige maar bestendige toestand in die Wilgers-hospitaal in Pretoria. Die Prinsloo-gesin se jongste dogter, Sharlien (17), wat ook in die huis was, is ongedeerd. Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê die rowers het die voordeur oopgedwing, die deur van die hoofslaapkamer oopgebreek en toe begin skiet. Past. Morné Mundey, ’n goeie vriend van die Prinsloos, was vinnig op die toneel “Sharlien se slaapkamer is op die grondvloer. Toe sy die skote hoor, het sy my dadelik gebel. Toe ek daar opdaag, het ’n buurvrou reeds vir Duncan op ’n drup gesit. “Laetitia het doodstil op die bed gelê. Ons het eers gedink sy het dalk ’n hartaanval gehad. Kort daarna het Duncan jr. mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Dit was eers toe die paramedici Laetitia daar van die bed af oplig dat ons besef het sy is in die sy geskiet en is reeds dood,” het Mundey gesê. Juweliersware word vermis. Me. Laetitia Prinsloo jr. (33), die Prinsloos se oudste kind, was gister van Hoedspruit af op pad na die hospitaal.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|