Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


'Byl-vrou' kan weer loop
Nov 20 2008 09:29:10:153PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Pienaar Foto: Sonja van Buul
Sonja van Buul

Vereeniging. – Me. Charmaine Pienaar (19), wat skaars sewe weke gelede verlam is toe ’n rower haar en haar ma, Heila (41), wreed met ’n byl aangeval het, loop weer met haar eie twee bene.

Dokters het gevrees dat sy nie weer sal kan loop nie nadat sy skedelbreuk, ’n gesplinterde wangbeen en ’n gebreekte kakebeen opgedoen het tydens ’n aanval by die gesin se skroothandel-onderneming in Waldrift.

Mev. Pienaar is deur die rower doodgekap en Charmaine het ure lank langs haar ma gelê voordat hulp opgedaag het.

Ná ’n 11 uur lange operasie kon dokters die gesin geen waarborge gee oor Charmaine se toestand nie.

“Ek het op 26 Oktober my 19de verjaardag gevier en die oggend kon ek vir die eerste keer alleen staan.

“Ek het in die dag, terwyl my pa nie by die huis was nie, skelm geoefen en met fisioterapie het my bene al hoe sterker geword,” het sy gister opgewonde gesê.

Sy het hom onlangs verras toe sy hom sukkel-sukkel alleen in die gang tegemoet ge?stap het.

“Ek wou nog help en keer dat sy nie val nie, want sy kon slegs een of twee treetjies op ’n slag gee en dan het sy geval, maar toe sien ek daar gaan sy,” het mnr. Danie Pienaar gesê.

Charmaine het gesê sy wil die rolstoel wat sy van weldoeners ontvang het, en die loopraam, waarmee sy net een dag geloop het, aan behoeftige bejaardes skenk.

Volgens Pienaar gee sy dogter se deursettingsvermoë hom moed om aan te gaan ná die wrede dood van sy vrou.

“Charmaine het Sondag die eerste keer haar ma se graf in Germiston gaan besoek,” het hy gesê.

Charmaine het in die begraafplaas gestruikel en geval, maar dapper opgestaan en “vir my mamma gaan kuier”.

  • Borgtog is geweier aan die man wat van die aanval verdink word. Die verdagte, ’n immigrant, verskyn binnekort weer in die Vereeniging-hof.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |