Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Protea gou op ‘regte’ plek
Die koningsprotea op die Bafana Bafana se truie is ook op die regterbors, maar nie meer vir lank nie. Mnr. Raymond Hack, Suid-Afrika se sokkerbaas, het gister gesê Bafana Bafana speel met die protea aan die “verkeerde kant” van die trui omdat die span eers volgende jaar sy nuwe toerusting van die klereverskaffers ontvang. “Omdat die ontwerp van die truie in siklusse van vier jaar werk, kry Bafana eers volgende jaar hul nuwe truie. “Ons het dit reeds ’n tyd gelede onder die minister se aandag gebring en daar is geen druk van sy kant af dat dit so gou moontlik aangepas moet word nie. Ons speel eintlik al drie jaar lank met hierdie ontwerp. “Die span gaan hul nuwe truie in Maart ontvang en in die Konfederasiebeker- en Wêreldbeker-toernooi daarmee speel. “Die Protea is beslis aan die regte kant van die nuwe trui. Ek het die ontwerp reeds onder oë gehad en goedgekeur.” Hack het gesê ondersteuner-truie spog reeds met die Protea aan die regte kant omdat “dié truie jaarliks aangepas kan word en nie net elke vier jaar nie . . .”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|