Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Inspekteur vas op bedrogklag
’n Inspekteur van die Lenasia-toetsstasie vir voertuig-padwaardigheid is weens bedrog in hegtenis geneem. Volgens mnr. Mandla Radebe, woordvoerder van die Gautengse departement van openbare veiligheid, het hulle inligting ontvang dat die man (38) padwaardigheidsertifikate uitreik sonder om eens die voertuie onder oë te neem. Die polisie het hom gisteroggend by dié toetsstasie in die suide van Johannesburg gearresteer. Hy is aangekla van bedrog en sal vandag in die Protea-landdroshof verskyn. Radebe het gesê die departement is besig met ’n reeks klopjagte en ondersoeke om korrupsie uit te roei en die padwaardigheid van voertuie te verseker. – Herman Scholtz
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|