Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Steek glo dood oor DVD
’n 15-jarige seun wat sy 16-jarige vriend glo oor ’n DVD doodgesteek het, het hom kort voor sy dood om verskoning gevra. Given Mashego (16) van Mamelodi-Wes, oos van Pretoria, het glo Dinsdagaand in ’n rusie met die 15-jarige betrokke geraak oor ’n fliek op DVD wat hy by die jonger seun geleen het, het kapt. Mahlahlane Maheso, polisiewoordvoerder, gesê. “ ’n Hewige rusie het uitgebreek nadat die verdagte vir die oorledene ’n fliek-DVD geleen en die oorledene versuim het om dit terug te bring. Toe het die verdagte sy vriend met ’n skerp voorwerp doodgesteek.” Given het probeer wegkom, maar hy het vinnig weens erge bloeding verswak en voor sy ma inmekaargesak. Hy is hospitaal toe gehaas, maar kort daarna dood verklaar. Die 15-jarige is gearresteer en later onder toesig van sy ouers vrygelaat. Hy het gister in die Mamelodi-landdroshof op aanklag van moord verskyn en moet weer op 11 Desember verskyn.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|