Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bakkery-rooftog gefnuik
Nov 20 2008 09:29:01:060PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Vingers verbrand. . . Polisielede het dié vier gisteroggend vroeg ingewag en vasgetrek toe hulle glo 'n bakkery in die Jan Niemandpark-nywerheidsgebied in Pretoria wou beroof. Foto: Alet Pretorius
Fanie van Rooyen

Pleks van warm brood en kraakvars geldnote het ’n rowerbende hulle gisteroggend vroeg by ’n Pretoriase bakkery in polisielede vasgeloop.

Die polisie het ’n wenk oor ’n beplande rooftog by dié bakkery in die Jan Niemand Park-nywerheidsgebied gekry, het insp. Klaas van der Kooi, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die rooftog is omstreeks 05:00 in ’n gesamentlike operasie deur lede van die Villieria-polisiekantoor en die speurdiens van die polisiehoofkantoor gefnuik. Polisielede het hulself daar naby versteek en die rowers ingewag.

“Toe hulle die rowers sien aankom, het hulle die rowers gekonfronteer en ’n oor en weer skietery het uitgebreek.”

Niemand is beseer nie, het Van der Kooi gesê.

“Die rowers het probeer weghardloop, maar vier van hulle is deur polisielede vasgetrek en in hegtenis geneem.

“ ’n Vyfde rower het ontsnap.”

Polisie het volgens Van der Kooi op die toneel beslag gelê op ’n 9 mm-pistool en die rowers se vermoedelik gesteelde voertuig.

Hulle sal Maandag in die Pretoriase landdroshof verskyn. – Fanie van Rooyen


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |