Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
Polisie pas Lekota weer op nadat hy briewe skryf
Kaapstad. – Mnr. Mosiuoa Lekota, voorsitter van die Congress of the People (Cope), het sy lyfwagte teruggekry. Mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, het op Lekota se versoek besluit dat sy beskermingsdienste kan voortgaan nadat die amptelike tydperk hiervoor verstryk het, het mnr. Trevor Bloem, Mthethwa se woordvoerder, gister gesê. Alle ministers en hul adjunkte is geregtig op beskermingsdienste tot 30 dae nadat hulle uit die amp getree het. Lekota het vroeër vandeesweek heftig gereageer op ’n kennisgewing van komm. Tim Wil?liams, waarnemende polisiehoof, dat Lekota nie langer die beskerming van lyfwagte sal geniet nie. Volgens Lekota het hy dié beskerming nodig omdat sy voertuig in Johannesburg agtervolg is deur ’n motor met vals nommerplate en sy lyfwag glo ook vroeër in Pretoria ontvoer en gedreig is. Williams het Lekota Dinsdag ingelig dat sy lyfwagte weggeneem word, maar dié besluit is gister omgekeer nadat Lekota aan Williams en Mthethwa hieroor geskryf het.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|