Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Soos hond doodgeslaan’
Die Rooimiere het glo ’n man wat in Eden Park in Alberton aan die Oos-Rand tot sy vrou se redding gekom het, soos ’n “hond” doodgeslaan. ’n Groot groep Rooimiere het mnr. Alfred Ngubene (34), ’n pa van drie, met ysters en koevoete doodgeslaan toe hy wou uitvind hoekom hulle sy vrou, Ayanda (25), aangeval het, het inwoners gesê. Die Rooimiere is in Eden Park om Hop-huise op te pas en te keer dat mense onwettig daar intrek of dit beskadig. Hulle het glo gisteroggend ontdek hakiesdraad wat hulle die vorige aand gespan het, is verwyder. Hulle het mev. Ngubene glo die skuld daarvoor gegee. Mnr. Ngubene was op pad werk toe, toe sy vrou hom bel en sê sy word aangeval. Toe hy op die toneel opdaag en met die Rooimiere probeer praat, is hy ook aangeval. Hy het probeer weghardloop en selfs in sy suster, me. Fakazile Mobeng (33), se huis probeer skuil. Mnr. Ngubene het glo twee waarskuwingskote afgevuur. “Dit was sleg. Niemand moet só doodgaan nie. Hulle het hom soos ’n hond doodgeslaan en het net aanhou slaan, selfs toe hy aan hulle (sy aanvallers) gesê het hy wil nie baklei nie,” het mnr. Gabriel Vusi Buthelezi gesê. Mnr. Ngubene se pa, Joseph (55), het gister gesê hy het nie woorde om sy seun se dood te beskryf nie. “Ek voel niks. Ek weet nie wat om te sê nie.” Mobeng het gister met skok oor die voorval gepraat. “Hulle het my huis vernietig en nie omgegee vir my kinders nie. Hulle het net aangehou slaan. “Hulle het gegooi, gekap en geslaan. Ons het saam met hom gegaan om te help, maar hulle het ons begin jaag. Hulle gee nie om vir kinders nie en het ons selfs met klippe gegooi terwyl ons kinders saam met ons hardloop,” het me. Veronica Pantry, ’n ooggetuie, gesê. Die gemeenskap was gister oproerig en het gevra die Rooimiere moet padgee. Mense beweer die Rooimiere besteel mense en rand hulle aan. Hulle verkrag glo ook vroue. Me. Miena Booysens, ’n gemeenskapsverteenwoordiger, het gister gesê die mense van Riemvasmaak, soos hulle Eden Park noem, gaan nie skuif nie. “Hoekom kan ons nie huise kry nie? Ons gaan nêrens heen nie, al maak hulle wat. Die mense (Rooimiere) dink hulle is groter as die wet en niemand kan hulle iets doen nie. Iemand is nou dood oor ’n simpel ding soos draad,” het sy gesê. Kapt. Mega Ndobe, polisiewoordvoerder, het gesê hulle is nog besig om inligting in te samel en kan nog niemand arresteer nie. Polisielede het gister die situasie dopgehou om te keer dat verdere geweld uitbreek.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|