Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

'Weet nie waar’s vyand...'
Nov 20 2008 09:28:55:730PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Erika Gibson

Soldate sal minstens vir die res van die huidige boekjaar sonder brille moet baklei.

Dit omdat die optometriese voordele van soldate, afgetredenes onder 60 en hul afhanklikes weens ’n geldtekort opgeskort is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu) het gister gesê dié eensydige opskorting sonder voorafwaarskuwing is “skandalig”.

Volgens adv. Pikkie Greeff van die unie moet die politici en die parlementêre komitee oor verdediging kennis neem dat die SA Militêre Gesondheidsdiens ’n begrotingskrisis ervaar.

Dit het tot gevolg dat die staat in werklikheid nou versuim om sy wetlike verpligtinge teenoor soldate na te kom.

’n Kennisgewing is onlangs in die Wes-Kaap na al die siekeboë van die weermag versprei ingevolge waarvan die optometriese voordele van alle soldate, hul afhanklikes én afgetrede lede onder 60 en húl afhanklikes met ingang 13 Oktober weens “onvoldoende finansiering” gestaak word.

Afgetredenes bo 60 se voordele word nie geraak nie, wat beteken ’n dienende soldaat wat ’n bril nodig het, moet sonder een klaarkom, terwyl pensioentrekkers wel brille kan kry.

Volgens Greeff is die ergste dat soldate wat met vervroegde pensioen gaan of ’n skeidingspakket aanvaar in baie gevalle hul mediese voordeel tot die dag van hul dood vooruit moet “koop”. Dié geld word in ’n voortsettingsiekefonds gestort wat deur Absa geadministreer word, en is onafhanklik van die weermag.

“Die geneesheer-generaal het nie eens die voortsettingsfonds se raad van trustees, wat die fonds bestuur, oor die besluit ingelig nie.

“Dit kom neer op ’n miskenning van die onafhanklikheid van die fonds en sy verpligtinge teenoor sy lede. Dit stel selfs die fonds bloot aan regstappe deur sy lede,” het Greeff gesê.

“Boonop beteken dit vir die dienende soldate dat die staat as werkgewer nie sy mediese verpligtinge teenoor hulle kan nakom nie. Die soldate moet dus nou maar brilloos hul werk probeer doen en tevrede wees dat diensvoorwaardes eensydig geskrap kan word.”

Sanwu, wat deel van die fonds se bestuursliggaam is, het geen keuse nie as om die saak namens sy lede op te neem en tydens die volgende jaarvergadering daarop aan te dring dat dit reggestel word, het Greeff gesê.

Die weermag het nie sy eie optometriese diens nie en dit word na die private sektor uitgekontrakteer. As die saak nie reggestel word nie, sal die unie volgens Greeff sy lede help met regsoptrede teen die onregmatige inmenging deur die geneesheer-generaal in die fonds.

Die SA Militêre Gesondheidsdiens het ondanks navrae nié op die kwessie gereageer nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |