Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
|||||||||||||||||||||
|
SA nog nie gereed vir politiek in
kuberruim
Kaapstad. – Die gebruik van sogenaamde “nuwe media” deur sen. Barack Obama in die Amerikaanse verkiesingsveldtog sal nie sommer nou al plaaslik werk nie. Dít is grotendeels toe te skryf aan die meerderheid Suid-Afrikaners se gebrek aan toegang tot bronne soos die internet, hoewel selfone tog ’n groter rol as voorheen kan speel, skryf die navorser me. Pam Sykes in ’n nuwe uitgawe van die Helen Suzman-stigting se tydskrif, Focus. “Obama het veral e-pos, SMS’e, aanlyn-video, blogs en webwerwe soos Facebook en MySpace gebruik om sy boodskap deur sosiale netwerke te versprei, ver onder die tradisionele media-radar en teen min of geen advertensiekoste nie,” sê Sykes. Suid-Afrika is egter baie ver van die punt waar alle mediaplatforms deeglik benut word óf waar almal heeltyd aanlyn kan wees. Tradisionele media – radio, televisie en koerante – is danksy ekonomiese en tegniese redes tans nog in die beste posisie om nuus aan ’n massagehoor oor te dra. In Amerika is toegang tot nuwe media eenvoudig en goedkoop en het dit gelei tot die skuif van die magsbalans van produseerders van inligting na die verbruikers daarvan: Enigiemand kan nou aanlyn publiseer. “Dit is maklik om sterre in jou oë te kry oor hierdie demokratisering . . . maar om ’n gehoor buite onmiddellike vriende en familie te kry is ’n ander storie. Die stemme wat die verste en hardste gehoor word, is steeds dié met die meeste geld en invloed.” Tradisionele media, soos koerante, behou egter steeds baie van hul mag soos die migrasie na die internet begin. “Nuwe media het nié by die tradisionele media oorgeneem nie, veral nie in ’n land soos Suid-Afrika waar die middele om toegang daartoe te verkry, behalwe vir die selfoon, nie geredelik beskikbaar is nie,” meen Sykes. Sy sê TV en radio sal vir die afsienbare toekoms steeds die belangrikste bron van inligting vir die meeste Suid-Afrikaners bly. Selfoonkontak is egter die een aspek van nuwe media wat reeds in Suid-Afrika massapenetrasie geniet, waaronder townships, waar SMS’e en Mxit deel van die omgangstaal is soos kinders daar hul internetgebrekke oorkom.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|