Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||||||||
|
Lekota oor regstel, kwotas
Kwotas is nie die beste ding vir die land nie, het mnr. Mosiuoa Lekota, Cope-voorsitter, gesê. Lekota het die eerste aanduidings gegee wat sy party se beleid oor swart ekonomiese bemagtiging, regstellende aksie en kwotas in sport gaan wees toe hy gesê het as ’n swart kind by ’n goeie skool soos Grey Kollege in Bloemfontein was en ’n goeie graad by ’n universiteit kon kry, hoekom wil hy dan spesiale voorregte hê? Lekota het gisteraand by die gebou van Union Caterers in Pretoria aan ’n gehoor van sowat 300 mense, waarvan byna die helfte wit was, gesê sy dogter is baie gekant teenoor kwotas in sport. Sy het aan hom gesê dat dit nie help dat jy ’n swart meisie in ’n sportspan sit as dit beteken daardie span gaan verloor nie. “Hierdie is die dinge wat ons jongmense sê. Meriete,” het hy gesê. “Sommige van die dinge wat ons gedink het gedoen moet word, kweek eintlik ’n generasie van mans en vroue wat dink hulle is geregtig op sekere dinge. ’n Nasie wat mense kweek wat dink dat hulle geregtig (op iets) is, is gedoem om te misluk,” het hy gesê. Hy het ook die moontlikheid van ’n koalisie met die DA genoem “indien die omstandighede so ’n koalisie vereis”. Hy het gesê kamerade hoef nie vriende te wees nie, maar moet net na dieselfde doelwit streef. “Daar moenie twyfel in enige (een) se kop bestaan nie: Die beginsel is as daar ’n wit persoon is wat hom beywer om deeglik en vol te staan vir die regte en gelyke regte, wit of swart, dan sal ek met hulle staan,” het hy in Afrikaans gesê. Lekota het ook ’n paar vuishoue geplant in die rigting van die vakbonde, en gesê Sadtu, wat met Cosatu vereenselwig is, vra die heeltyd vir meer geld vir onderwysers. “Ons hoor nooit Cosatu sê onderwysers moet hard werk en behoorlike resultate lewer nie.” Hy het ook Popcru aangeval wat in die polisie en die departement van korrektiewe dienste werk. Hy het gesê hy het nooit as minister van verdediging toegelaat dat lede van die Suid-Afrikaanse Weermag hulle met Cosatu en dus ook met die ANC vereenselwig nie. “Dit is waarom hulle nou sê ek het wapens gesteel,” het hy gesê. Hy het gesê dit is nie reg dat vakbonde wat met staatsveiligheid werk met die regerende party vereenselwig is nie, want dit is verdelend. Dit is onmoontlik om misdaad te beveg met ’n verdeelde polisiemag, het hy gesê.
|
||||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|