Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Dié aptekers nou vasgevat
Nov 20 2008 10:27:33:250PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Antoinette Pienaar
aapienaar@beeld.com

Aptekers wat kwak-kure teen dronkenskap, bombestanddele aan kinders, en bewustelik verslawende pille aan afhanklikes verkoop, kan voortaan hul lisensies verloor.

Die Suid-Afrikaanse Aptekersraad (AR) het pas ’n gedragskode vir aptekers in die Staatskoerant gepubliseer. Daarvolgens kan selfs leke-apteekeienaars by die direkteur-generaal van gesondheid aangegee word as hulle toelaat dat aptekers in hul ondernemings oortree.

Die volledige gedragskode is gepubliseer in die Staatskoerant van 24 Oktober 2008 (no. 31534).

Me. Lorraine Osman van die Aptekersvereniging (AV) het vandeesweek gesê dit sal hopelik ook keer dat eienaars druk op aptekers plaas om by sakebedrywighede betrokke te raak wat oneties vir die beroep is.

Die gedragskode sê aptekers mag nie middels aankoop, resepteer of aanbeveel waarvan die vervaardigers daarop aanspraak maak dat dit die uitwerking van dronkenskap verbloem nie.

Dit kom nadat so ’n produk onlangs van die mark gehaal is.

Die verpakking van produkte soos Essentiale, wat studente dikwels voor en ná drinksessies gebruik om die lewer te versterk, waarsku ook daar is geen bewyse dat dit mense teen dronkenskap beskerm nie.

Mnr. Ivan Kotze van die AV het gesê daar is in elk geval nie produkte wat jou bloedalkoholvlak kan verlaag nie.

Die AR redeneer mense wat onder die indruk is dat ’n middel hul meer nugter gemaak het, kan gevaarlike toerusting en voertuie beman wat die publiek in gevaar kan stel.

Aptekers mag ook nie chemikalieë waarmee plofstowwe en vuurwerk gebou kan word, aan kinders onder 14 verkoop nie.

Dit sluit in chlorate, nitrate, magnesium, kalium, permanganaat, swawel, verpoeierde aluminium, fosfor en enige soortgelyke oplosmiddels.

’n Apteker van Pretoria het verlede week aan Beeld gesê party van dié middels word direk van die rakke verkoop wat beteken hulle kan dit nie beheer nie.

Dit plaas waarskynlik ’n verpligting op die apteekeienaar om toe te sien dat die kassiere kinders keer as hulle dit wil koop.

Aptekers moet ook redelike voorsorg tref dat middels wat as deel van kinders se chemiestelle gekoop word, onder volwasse toesig gebruik word.

Hulle moet ook seker maak pasiënte en gesondheidsorgpraktisyns is nie middel-afhanklik nie.

So iemand moet na ’n dokter verwys word.

Die apteker met wie Beeld gepraat het, het gesê hulle sien op hul apteekgroep se stelsel as voorgeskrewe medisyne al by ’n ander tak vir die pasiënt gegee is, maar hul hande is afgekap as die pasiënt na ’n ander groep skuif.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |