Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
| Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf. Kliek hier vir ons nuwe webwerf. |
||||||||||||||||||||||
|
Polisievrou steeds in koma
’n Polisievrou van Hekpoort is steeds in ’n koma in ’n Johannesburgse hospitaal nadat sy die naweek ernstige beserings in ’n kop-aan-kop-botsing op die R564-pad buite Krugersdorp aan die Wes-Rand opgedoen het. Mnr. Christo Botes, broer van insp. Joey Botes (35), het gistermiddag aan Beeld gesê sy suster is gistermiddag laat uit die teater gestoot nadat sy ’n tweede operasie ondergaan het om beenbreuke te herstel. “Sy het nog nie wakker geword nie. Sy’s nog in ’n koma,” het mnr. Botes gesê. Haar kollega, insp. Marius Ferreira (39) van Randfontein, is op slag dood en die ander motoris, mnr. Derrick Prinsloo, is ook ernstig beseer. Ferreira en Botes was Saterdag om middernag aan diens toe die polisiemotor waarin albei inspekteurs na Krugersdorp op pad was op ’n draai teen Prinsloo se Renault Me-gané gebots het. Netcare 911 het Botes per helikopter na die Netcare Milpark-hospitaal geneem. Botes se bekkenbeen en albei haar bene is gebreek en sy het ernstige kopbeserings opgedoen. Sy is nou al vyf dae lank in ’n koma. Me. Amelda Swartz, woordvoerder van die Milpark-hospitaal, sê Botes is in ’n kritieke, maar stabiele toestand. “Sy is weer vandag in teater toe en dit gaan goed onder omstandighede. Sy is amptelik steeds op die kritieke lys en word geventileer.” Prinsloo word in die Netcare Krugersdorp- private hospitaal behandel. Me. Melanie Besselaar, woordvoerder van dié hospitaal, kon teen druktyd nog nie amptelik toestemming van die hospitaalhoof kry om kommentaar te lewer op Prinsloo se toestand nie. ’n Gedenkdiens is eergister by die Hekpoort-polisiekantoor vir Ferreira gehou. Hy is gister met militêre eerbewys uit die NG kerk Horison, Roodepoort, in die Sterkfontein-begraafplaas buite Krugersdorp begrawe. Honderde familielede, vriende en kollegas het die begrafnis bygewoon. Hy word oorleef deur sy 26-jarige vrou, Tanya, en driejarige dogter, Chanté.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|