Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Pynlike herstel vir 3
Nov 20 2008 10:48:11:133PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnre. Heinrich Hoon (regs) en 'n vriend en kollega, Ryno Alberts, in April in Mauritius.
Susan Cilliers

’n Lang en pynlike herstelproses wag op drie Johannesburgse mans wat Saterdag ernstige brandwonde in ’n ontploffing opgedoen het.

Dit is nog nie bekend wat die ontploffing by Liberty Life in Sandton veroorsaak het nie.

’n Transformator het omstreeks 15:00 ontplof terwyl voorbereidingswerk gedoen is vir die installering van ’n kragopwekker by Liberty Life se kantore in Katherine-straat.

Mnr. Quintin Bezuidenhout (24), een van vier mans wat brandwonde in die ontploffing opgedoen het, is reeds uit die hospitaal ontslaan en het gister aan Beeld vertel alles is “vaag”.

“Ek kan nie onthou dat ek die ontploffing gehoor het nie; ek het net vlamme gesien.”

Bezuidenhout wou nie ’n foto van hom laat neem nie.

Hy en die ander drie beseerdes werk vir Norman Cherry Electrical, ’n elektriese installasie-onderneming in Krugersdorp wat ’n subkontrakteur was vir die verbeterings by Liberty Life.

Mnr. Quentin Slabbert (36), ’n getroude man en pa van ’n negejarige seuntjie, het 80% brandwonde opgedoen en is in ’n kritieke en onstabiele toestand in die Netcare Milpark-hospitaal se brand-eenheid, het mev. Amelda Swartz, hospitaalwoordvoerder, gesê.

Slabbert se vrou, Beninda, was gister nog te getraumatiseer om met Beeld te praat.

Mnre. André Venter (39), ook getroud en pa van twee seuns, word in isolasie in die Sunninghill-hospitaal in Johannesburg verpleeg.

Hy en mnr. Heinrich Hoon (21), wat in dié hospitaal se hoësorgeenheid versorg word, is albei in ’n ernstige, maar stabiele toestand, het mev. Pip Kruger, hospitaalwoordvoerder, gesê.

Hoon se ma, mev. Hannelie Hoon, vertel sy het Saterdag net ná 15:00 ’n oproep van Heinrich se selfoon gekry.

“Ek het eers gedink dis hy. Toe sê ’n kollega: ‘Nee tannie, hier was ’n ongeluk.’ Ek wou met Heinrich praat, maar die paramedici was reeds besig met hom.”

Mev. Hoon sê haar man, Gideon, is baie emosioneel, en dat traumaberaders hulle reeds in die ongevalle-eenheid gewaarsku het dit gaan ’n “lang en stadige genesingsproses” wees.

Hoon het brandwonde aan sy gesig, nek albei voorarms en hande opgedoen.

Veral sy handpalms is erg beskadig en baie operasies en veloorplantings lê nog voor, sê sy ma.

Mev. Anina Cherry van Norman Cherry Electrical sê die ongeluk was vir hulle ’n groot skok en dat die oorsaak van die ontploffing ondersoek word.

Die uitslag sal na verwagting vroeg volgende week bekend wees.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |