Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Slaan baba glo dood
Nov 21 2008 12:07:34:110PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Clarissa Venter

Port Elizabeth. - Die man van Swartkops wat na bewering sy agt maande oue babadogtertjie teen die grond doodgeslaan het, het gister vlugtig in die Baaise landdroshof verskyn.

Die verdagte, mnr. Fazel Jansen (39) van die Mathys-se-Gronde-gemeenskap, se borgtogaansoek is tot 4 Desember uitgestel.

Hy is Saterdagmiddag aangekeer nadat hy glo klein Elam July 'n paar keer in 'n oop veld langs sy huis teen die grond geslaan het.

Die voorval het plaasgevind nadat hy met sy saamblyvriendin (28) oor die dogtertjie gestry het.

Hy het die baba glo by haar ma gegryp, met die kind weggehardloop, haar teen die grond geslaan en haar na een van die mans geslinger wat agter hom aangehardloop het. Die verdagte was glo onder die invloed van drank.

Die polisie is dadelik in kennis gestel en Jansen is enkele minute daarna aangekeer.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |