Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Regter kry 50 doodsdreigemente
Nov 21 2008 01:05:30:173PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hilda Fourie

Die regter en die aanklaer in die Skielik-moordsaak is onder polisiebewaking nadat hulle met die dood gedreig is.

Supt. Lesego Metsi, polisiewoordvoerder van Noordwes, het gesê regter Ronald Hendricks het Woensdag 50 oproepe op sy selfoon ontvang waarin hy met die dood gedreig is indien hy vir Johann Nel 'n lewenslange vonnis sou oplê.

Adv. Sello Maema, die aanklaer, het volgens Metsi soortgelyke dreigemente ontvang.

Nel is Vrydag tot vier maal lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die regter, die aanklaer én hul families is tans onder polisiebewaking en die polisie ondersoek die saak.

Daar was Vrydag ook 'n groot groep gewapende polisiemanne in die hofsaal.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |