Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Sangomas ‘dryf geeste uit’
Nov 21 2008 09:29:47:430PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Daniel Maluleke


Beamptes van die Nasionale Intelligensie-agentskap (NIA) het gister die hulp van sangomas ingeroep om geeste op hul terrein te kom verdryf.

Beeld het verneem altesame 21 tradisionele genesers het die “reinigingseremonie” (om die geeste te verdryf van mense wat 60 jaar gelede op die terrein begrawe is) buite Pretoria bygewoon.

Beeld het, voordat hy verbied is om oor die verrigtinge te berig, gesien ’n groot wit markiestent is naby die kantoorgeboue opgeslaan.

Van die mense teenwoordig was besig om umqombothi (’n Afrika-bier) voor te berei, terwyl ’n bok wat glo as ’n offerande gebruik sou word, naby die tent vasgemaak is.

Die sangomas se luide stemme en tromme kon van ver af gehoor word. Niemand behalwe ’n uitverkore groepie mense is toegelaat nie. Veiligheidswagte het Beeld toe beveel om die terrein te verlaat.

Volgens ’n betroubare bron is ’n bees, ’n skaap en twee bokke tydens die twee dae lange seremonie geslag.

Van die inwoners in die omgewing sowel as NIA-werknemers het hul bedenkinge oor die verrigtinge uitgespreek.

Me. Lorna Daniels, woordvoerder van die NIA, het gesê die seremonie is net ’n viering van “Erfenisdag” wat hulle weens “onvoorsiene omstandighede” nie in September kon vier nie. “Dis ’n simboliese geleentheid en ons het die plek gekies omdat daar grafte is wat nie verklaarbaar is nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |