Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Slim plan gaan hom help
Nov 21 2008 09:29:46:883PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Feleng Mahamotse (6). Foto: Mario van de Wall
Susan Cilliers


Guten Morgen, ich heisse Feleng (Goeiemôre, my naam is Feleng).

Vir die sesjarige brandslagoffertjie Feleng Mahamotse van Auckland Park in Johannesburg is dit net ’n paar woorde in die vreemde Duitse taal, maar vroeg volgende jaar gaan hy dit en heelwat ander frases bitter nodig kry.

Die seun het as baba so erg gebrand dat ’n deel van sy skedel weggesmelt het.

Hy vertrek in Januarie na Switserland, waar chirurge aan Zürich se universiteitshospitaal baanbrekersoperasies op hom gaan uitvoer.

Intussen leer Feleng, wie se vingers aan sy een hand ook weggebrand het, fluks Duits, vertel sy pleegma, mev. Bronwen Jones.

Sy is vroeër vanjaar saam met Feleng na Switserland, waar dokters ’n ongelooflike plan geprakseer het om die seuntjie se skedel te herbou. Vier van Feleng se ribbes sal verwyder, in twee gebreek en in stroke – met gapings tussenin – oor die gat in die voorkant van sy skedel geplaas word.

Die gate tussen die ribstroke sal mettertyd met normale beengroei gevul word.

Een van Feleng se rugspiere sal ook gebruik word om die agterkant van sy skedel, waar al die spiere weggebrand het, te versterk.

Jones sê sy gaan nie volgende jaar saam met Feleng na Switserland nie, maar wel me. Abegail Ximba, een van die versorgers by die organisasie Children of Fire, waarvan Jones direkteur is.

Sy sê Feleng sal minstens ’n paar maande in Switserland woon omdat hy hersteltyd tussen operasies gaan nodig hê.

D ie hospitaal in Zürich sal voorlopig net Feleng se eerste operasie gratis doen, en Children of Fire sal moontlik self vir opvolgoperasies moet betaal. Die organisasie moet ook vir Feleng se verblyf en skoolgeld in Switserland betaal.

Feleng moet pal ’n kopskerm dra om die deel van sy brein te beskerm wat nie meer deur skedel bedek word nie. As hy eers sy operasies gehad het, sal hy dié ongemaklike “metgesel” kan bêre vir wanneer hy fiets ry.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |