Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Bloed in tamatiesous is onwaar
Nov 21 2008 09:29:45:650PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Daar is nié bloed in restaurante se tamatiesous nie, het die polisie in ’n verklaring gesê.

’n E-pos wat beweer ’n man is gevang waar hy sy vermoedelik MIV-positiewe bloed in tamatiesous gooi, is onwaar.

Dir. Sally de Beer, hoof-polisiewoordvoerder, het gesê dié e-pos is onder hul aandag gebring en deeglik ondersoek.

Bekommerde lesers het ook die e-pos aan Beeld gestuur om uit te vind hoe waar dit is.

In die e-pos word beweer ’n restaurantgroep het briewe by skole uitgedeel om kinders te waarsku om nie onverseëlde tamatiesous te gebruik nie.

Die e-pos het ook teen enige ander souse wat nie verseël is nie, gewaarsku oor dit glo opsetlik met MIV besmet is.

“Geen so ’n voorval is by die polisie aangemeld nie,” het De Beer gesê. – Herman Scholtz


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |