Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
2 onnies wil SA se kruine baasraak
Lydenburg. – Twee onderwysers van die Hoërskool Lydenburg in Mpumalanga wil die hoogste kruine in elk van Suid-Afrika se nege provinsies bereik, “want ons kan”. Mnr. Francois McGill en me. Esna Roux wil dit boonop in nege dae baasraak, tussen 9 en 19 Desember. Hulle het die plan gekry toe me. Thea-Mari du Rand, wat reeds van die hoogste pieke ter wêreld aangepak het, gasspreker by die skool se jaarlikse sportdinee was. Die skool met sy 700 leerlinge het al die hoogste piek in Mpumalanga, De Berg, tydens ’n “Padlangs”-dag aangepak. Avontuurlus vloei in albei dié onderwysers se are; dus was die nege pieke ’n uitdaging wat hulle nie kon weerstaan nie. Roux, wat die Comrades al in minder as 10 uur kafgedraf het, het in Brittanje die Three Peaks Challenge aangepak waarin stappers die hoogste pieke in Londen, Skotland en Wallis binne 24 uur moes bereik. McGill is self geen vreemdeling in avontuurresies-kringe nie. “Dit is ’n groot avontuur waarna ons ongelooflik baie uitsien. Ons wil ’n standaard daar stel vir ander om na te volg. Om suksesvol in ons doelwit te wees, moet ons 6 000 km ry en 6 000 m vertikaal klim,” sê McGill. Hul voorbereiding het in April al begin. Die twee het fiets gery, gedraf, in die berge gestap en aan rogaine, ’n nuwe sport wat kaartlees, stap en fietsry insluit, deelgeneem. Die nege kruine
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|