Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Kakebeenwa moet ou Gelofte hervestig
Die 170ste herdenking van die Slag van Bloedrivier het gisteraand by die Voortrekkermonument buite Pretoria begin met die vertrek van ’n egte kakebeenwa en Statebybel na die Bloedrivierterrein. Die nuutgeboude wa sal deur studente van die Noordwes-Universiteit getrek word waarna dit na verskeie dorpe vervoer sal word as deel van die Geloftefeesvierings op 16 Desember. Sowat 23 Geloftefeeskomitees op 13 dorpe sal aan die herdenking deelneem. Die dorpe sluit in Krugersdorp, Groblersdal, Brakpan, Bronkhorstspruit, Witbank, Middelburg, Bethal, Ermelo, Piet Retief, Newcastle en Vryheid. Mnre. Frans Schutte, Willie Smith en Boetman Duminy, verbonde aan die Bloedrivierherdenkingskomitee, het die nuwe kakebeenwa gebou. Dit het sowat 300 man-uur geneem en is 80% van die grootte van die een wat by Bloedrivier staan. Wanneer dit op 12 Desember by Bloedrivier aankom, sal dit in die museum op die terrein staan. Duminy het gesê die aksie om die 170ste herdenking van die Bloedriviergelofte te gedenk, staan op drie bene. “Eerstens gaan dit daaroor om die volk weer te kry om hom te verootmoedig. Tweedens is dit ’n hervestiging van die Gelofte van 1838 en derdens is dit ’n poging om die boerekultuur en erfenis te laat herleef.” Hy het gesê die impak wat Bok van Blerk se De la Rey-liedjie op jongmense gehad het, het ook tot die aksie bygedra “sodat ons kan wys ons het nie nodig om vir ons herkoms en kultuur skaam te wees nie”. Tydens gisteraand se verrigtinge was daar koor- en solosang, die aansteek van lanterns, die ondertekening van ’n manifes en ’n verootmoedigingsboodskap deur ds. Dion van Dyk van Pretoria. Van Dyk se boodskap het gefokus op die belangrikheid van ’n Sabbatslewe elke dag. Hy het verwys na ’n wêreld en mense wat uit balans geraak het en herstel moet word. Hy het gesê dae soos 16 Desember en Sondae is belangrike dae van herinnering omdat mense ook vergeet. “Die dae leer en verbind ons opnuut om elke dag van die jaar te leef met Sabbatsvreugde in ons lewens en God lewend teenwoordig in ons harte.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|