Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Skierlik-mense is steeds bang
Nov 21 2008 07:56:44:453PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Hilda Fourie

Al sal Johann Nel waarskynlik vir die grootste deel van die res van sy lewe agter tralies wees, is die Skierlik-gemeenskap naby Swartruggens in Noordwes steeds bang dat so iets weer met hulle sal gebeur.

Mnr. Jeffrey Chirwa, ’n gemeenskapsleier van Skierlik, het gesê die inwoners is verlig dat die saak verby is en geregtigheid geseëvier het.

“Dit sal nie die oorledenes terugbring nie, maar dit laat die mense op ’n manier beter voel. Dit is beter dat Johann Nel in die tronk is, maar die gemeenskap is steeds bang dat iemand anders weer so iets aan hulle kan doen.”

Volgens Chirwa het die inwoners ná die vonnisoplegging gesing en gedans van blydskap.

Die hof was stampvol lede van dié gemeenskap en ondersteuners.

Mnr. Craig Makgati, ANC-voorsitter in Skierlik, het gesê die mense is tevrede met die uitspraak. “Dit is beslis veiliger met Johann Nel in die tronk. Maar die mense voel steeds onveilig, veral nadat die regter en die aanklaer doodsdreigemente ontvang het. Hulle is bang iemand gaan kom en hulle seermaak.”

Mev. Florence Manamela, ANC-raadslid vir Skierlik wyk 2, het gesê hulle is “sonder twyfel tevrede met die uitspraak” en dat “elke woord wat die regter gesê het, reg is”.

Cosatu het ook gister die vonnis verwelkom.

“Geen mindere vonnis kon enigsins vir so ’n weersinwekkende misdaad, wat suiwer deur rassistiese obsessie gemotiveer is, gegee word nie,” het mnr. Patrick Craven, Cosatu-woordvoerder, in ’n verklaring gesê.

Hy het gesê dié vonnis moet dien as afskrikmiddel vir enige “voornemende rassistiese moordenaars” dat die regspleging hard op hulle sal neerkom.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |