Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Polisie reën nat oor geen geld
’n Gazebo in die kantoor om te keer dat reënwater nie deur die lekkende dak op sy lessenaar beland nie. Dis hoe ’n lid van die speurtak van Evander in Mpumalanga in sy daaglikse stryd teen misdaad moet werk. Beeld het gister oor die geldelike krisis berig wat besig is om dienslewering in dié provinsie aan bande te lê. Polisiebeamptes is Dinsdag ingelig dat geen verdere instandhouding, dienste of herstelwerk aan voertuie gedoen kan word nie omdat die geld op is. Ondanks volgehoue ontkennings van geldelike probleme deur komm. Rex Machabi, waarnemende provin-siale polisiekommissaris, is lede gister nog op vergaderings oor die geldtekort ingelig. Dit lyk of die krisis verder as net dienslewering strek. “Ons werk onder haglike omstandighede,” het ’n polisiebeampte van die Oostelike Hoëveld gister gesê. Die mure van die gebou waarin dié lede werk het sulke reuse-krake dat hulle die buitelug daardeur kan sien. By die polisiekantoor in Evander is die plafonne van verskeie kantore weens nattigheid aan die uitval. In die aangrensende enkelkwartiere moes ’n polisiebeampte onlangs uit sy kamer trek nadat sy meubels en TV in die slag gebly het toe die water tydens ’n reënbui deur die dak gestroom het. By Beeld se besoek aan die kantoor was matte in die gebou deurdrenk met water en het ’n swaar stank in die gebou gehang. ’n Kontrakteur is glo vroeër vanjaar aangestel om die dak te herstel, maar het glo net nuwe gipsborde oor die ou plafonne aangebring. By die geboue in Nelspruit wat die provinsiale personeelbestuur-afdeling en die voertuigdiefstal-eenheid huisves, gaan dit nie veel beter nie. Personeel is in elke beskikbare hoekie ingedruk en daar is net twee telefoonlyne vir die sowat 40 polisiebeamptes wat daar werk. Skriftelike vrae wat gister aan Machabi gestuur is, is teen druktyd nog nie beantwoord nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|