Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

Inspekteur kry glo dreig-SMS’e
Nov 21 2008 09:29:38:913PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Mohamed Bhanjee (32) Foto: Verskaf
Amanda Roestoff

’N Man wat glo by onwettige hondegevegte landwyd betrokke is, het verskeie dreig-SMS’e aan die ondersoekbeampte gestuur, het die landdroshof in Randfontein gehoor.

“Jy het een kans. Dis jou keuse. Óf jy gee my diere terug en trek alles (sake) terug, dan kan ons saamwerk, óf ek werk saam met ’n ander span!” lui een van die SMS’e wat mnr. Mohamed Bhanjee (32) glo van sy vrou se selfoon aan insp. Peet Venter gestuur het. Daar is drie bladsye met sulke SMS’e, het Venter, ’n speurder van die eenheid teen georganiseerde misdaad, getuig.

Bhanjee en sy stiefpa, mnr. Abdul Rehman Sheikjee (61), is op 9 September op ’n hoewe by Ten Acres buite Randfontein in hegtenis geneem weens hul beweerde betrokkenheid by die handel in vervalste goedere.

’n Vragmotor vol sigarette van ’n buurland is glo sonder die nodige permitte op die perseel gevind.

Tydens die arrestasie is 20 hoenderhane en 22 Amerikaanse veghonde van die hoewe verwyder en in die sorg van die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Westonaria en Randfontein geplaas.

Die diere het glo erge tekens van mishandeling getoon. Een hond se ore was heeltemal afgebyt en ’n ander het ’n groot abses op een van sy voorbene gehad.

Bhanjee en Sheikjee is nog nie amptelik ingevolge die Dierebeskermingswet aangekla nie.

Tydens Bhanjee en Sheikjee se hofverskyning in die sigaretsaak Dinsdag het Venter aangevoer hul borgtog van onderskeidelik R5 000 en R1 000 moet teruggetrek word weens die dreigende SMS’e wat hy kry.

Nóg ’n SMS lui: “As jy toelaat dat die DBV my honde en hoenders doodmaak, doen jy nie God se werk nie. Jou straf sal dan erger as myne wees. Jy dink steeds Allah kan my nie help nie!”

“Jy wil net glorie hê en wys jy is baas. Daag Allah en sy vriende uit en jy sal sien!” lui nog een.

Die Bhanjee-egpaar het klagte van crimen injuria, opsetlike saakbeskadiging en aanranding teen Venter ingedien.

Luidens ’n verslag van ’n DBV-beampte in Johannesburg moes die DBV al die hoenders en honde van kant maak, het hy gesê.

Bhanjee het die hofgebou Dinsdag tydens middagete verlaat en nie teruggekeer vir die hervatting van sy saak nie.

Landdros M. Myambo het gesê die hof sal nie toelaat “dat hy speletjies speel nie” en het summier ’n lasbrief vir sy arrestasie uitgereik.

Hy was gister steeds soek.

  • Enigiemand met inligting oor waar Bhanjee hom bevind, kan die Wes-Randse eenheid teen georganiseerde misdaad by 011 951 1912 bel.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |