Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
5 sterf: G’n rybewys
Die bestuurder van ’n Toyota Condor-bussie wat Sondag teen aankomende verkeer in op die M1-hoofweg in Johannesburg gery en só vyf mense gedood het, het moontlik nie ’n geldige rybewys gehad nie. Vier mans en ’n vrou het Sondagoggend vroeg gesterf toe mnr. Siyabonga Miaka (25) hul VW Golf-motor reg van voor getref het met die Condor-bussie wat hy bestuur het. Inligting wat gister in die Randburg-landdroshof aan die lig gekom het, toon dat Miaka nie net ’n gesteelde bussie bestuur het nie, maar dit moontlik ook sonder ’n geldige rybewys gedoen het. Hy het op aanklagte van strafbare manslag, dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur en voertuigdiefstal in dié hof verskyn waar sy borgtogaansoek gister aangehoor is. Insp. Robin Koch, ondersoekbeampte in die saak, het tydens dié aansoek getuig ’n soektog op die eNaTIS-stelsel kon geen geskiedenis van Miaka (se rybewys) kry nie. Hy het ook getuig dat die tydelike rybewys waarmee Miaka rondgery het, meer as ’n week voor die ongeluk verval het. Koch het gesê Miaka se regsverteenwoordiger het ’n afskrif van sy rybewys aan hom verskaf, maar toe hy vir die oorspronklike gevra het, is hy meegedeel dat Miaka dit verloor het. Volgens hom het Miaka op die dag van die ongeluk aan metropolisielede gesê hy het nie ’n rybewys nie. Hy het toegegee Miaka se naam is dalk verkeerd op die eNaTIS-stelsel gespel of dat sy besonderhede nie korrek daarop geplaas is nie. Hy het aan die landdros gesê hy dink nie Miaka moet borgtog kry nie omdat dit ’n ernstige saak is waaroor die media reeds berig het. Koch het gesê hy vrees Miaka kan deur familielede van die oorledenes, asook lede van gemeenskap, aangeval word indien hy op borgtog vrygelaat word en sy foto in koerante verskyn. Me. Suzette Kruger, staatsaanklaer, wou weet of Miaka ’n vaste blyplek het, waarop Koch geantwoord het hy bly in ’n woonwa op die perseel van ’n fabriek en kan dus enige tyd oppak en vlug. Sy regsverteenwoordiger het egter gesê Miaka woon reeds sewe jaar lank op dié perseel in Marlboro. Miaka bly in aanhouding totdat sy borgtogaansoek Woensdag voortgesit sal word.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|