Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Plesier om kindergesiggies gelukkig te sien lag wanneer hulle Kersvader sien’
Agter die stuur van die bloedrooi bakkie wat hy self in ’n slee omgeskep het, maak Johannesburg se eie Kersvader hom nou reg om vir die 32ste agtereenvolgende Kersfees aan duisende straatkinders geskenke uit te deel. Mnr. Buks Delport (67) van Vaal Marina, ’n oord op die oewer van die Vaaldam, is daarvoor bekend dat hy hom al sedert 1976 met Kerstyd in sy Kersvader-uitrusting uitdos en Johannesburg se strate met sy “slee” invaar. Hy deel dan geskenkpakkies aan sowat 10 000 straatkinders uit. Me. Marietjie Steenkamp, sy verloofde, help deesdae daarmee. Die enigste haakplek is dat die metropolisie hom dan gereeld aftrek. “Maar weet jy wat, dit is glad nie moeite nie. Dit is net ’n plesier om daardie kindergesiggies so gelukkig te sien lag as hulle Kersvader sien,” het hy aan Beeld gesê. Gister het hy ’n klomp laerskoolkinders van die Laerskool Claremont in Newlands met ’n pretrit op sy reuse-slee by die Johannesburgse Dieretuinmeer getrakteer. Benewens sy “loopbaan” as Kersvader is Delport ook die eienaar van die Buks Delport-motorskrootwerf in Ophirton, Johannesburg. Gedurende sy eerste drie jaar as die straatkinders se Kersvader was sy Fiat-stasiewa die slee. Die takbokke vooraan, ook sy eie handewerk, was toe nog van plakhout. Eers daarna het hy eendag in ’n ander skrootwerf op ’n geroeste 1958-Ford-bakkie afgekom en dit vir R50 gekoop. Die volgende ses maande het hy dit in ’n bloedrooi “slee” omgeskep, het hy vertel. Daarmee ry hy jaarliks op 24, 25 en 26 Desember “van die môre tot die aand” rond en deel lekkergoed en geskenke aan straatkinders uit. “Voorheen het my oorlede vrou, Mara, heel jaar lank poppe gemaak en speelgoed vir die kinders gebrei.” Nou, benewens enkele skenkings, koop hy die geskenke en lekkergoed alles met sy eie geld, het hy gesê. Hy kry ook al in November uitnodigings om by Kerspartytjies Kersvader te speel. Die skenkings wat hy daarvoor kry, gee Delport aan kinderhuise.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|