Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Tim du Plessis se rubriek
Nzimande spel onheil vir SA se vernielde universiteite.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Rooimiere: Polisie weet steeds nie wie man doodgeslaan het nie
Nov 21 2008 09:29:34:883PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
André Damons

Die polisie in Eden Park aan die Oos-Rand het steeds nie ’n idee wie mnr. Alfred Ngubene vermoor het nie.

Kapt. Mega Ndobe, polisiewoordvoerder, het gister gesê al weet hulle die Rooimiere is betrokke, weet hulle nie presies wie vir Ngubene se dood verantwoordelik is nie.

Twee mense is eergister in verband met die moord ondervra, maar is later vrygelaat.

“Ons is steeds besig om inligting in te samel en met ooggetuies te praat. In dié stadium kan ons nie net enige mense in hegtenis neem nie.”

’n Groep Rooimiere het Ngubene eergister glo aangeval en met koevoete en ysters doodgeslaan. Die Rooimiere het sy vrou, Ayanda, na bewering daarvan beskuldig dat sy die hakiesdraad wat hulle die vorige aand gespan het, vernietig het. Sy het haar man gebel en gesê sy word aangerand. Die Rooimiere het hom volgens ooggetuies aangeval toe hy op die toneel opgedaag het.

Intussen is alles terug na normaal ná eergister se oproerigheid deur gemeenskapslede ná die moord op Ngubene.

Terwyl Ngubene se familie gerou het, het inwoners oproerig geraak en die Rooimiere, veiligheidswagte wat hulle moet beskerm, se toerusting verbrand en paaie versper.

Die gemeenskap, wat beweer die Rooimiere besteel hulle, rand hulle aan en verkrag vroue, het geëis dié mense moet padgee.

Die Rooimiere is daar om die Hop-huise in Eden Park op te pas om te keer dat mense onwettig intrek en die huise beskadig.

Lede van die gemeenskap het al gedreig om self van die Rooimiere ontslae te raak.

Ndobe het gesê die Rooimiere het teen gister na ander dele van die gebied geskuif en alles is terug na normaal.

Me. Beryl Adwards, ’n gemeenskapsverteenwoordiger, het egter gesê hulle is steeds op hul hoede vir die sowat 30 oorblywende Rooimiere wat steeds tussen hul huise ronddwaal.

Die Ekurhuleni-metroraad veroordeel volgens mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder, die geweld in Eden Park en vra vrede in dié omgewing.

“Ons het die Rooimiere in Eden Park geplaas in opdrag van die provinsiale departement van behuising. Die polisie ondersoek Donderdag (eergister) se voorval en die reg moet sy gang gaan.”

Hy het gesê die Rooimiere is verlede maand ingebring om te keer dat mense onwettig in die huise bly.

Me. Nomvula Mokonyane, LUR vir behuising, het gesê daar sal kragtens die wet teen mense opgetree word wat huise onwettig beset.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |