Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


AfriForum gaan vra vir taakspan oor aanvalle
Nov 21 2008 09:29:34:210PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Alet Rademeyer

AfriForum, die burgerregte-inisiatief van die vakbond Solidariteit, gaan die nasionale polisiekommissaris vra om ’n taakspan aan te stel om die plaasaanvalle in die Bronkhorstspruit-, Kameeldrift- en Cullinan-omgewing te ondersoek.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, meen daar moet gekyk word wat regtig agter die aanvalle en moorde sit.

“Ek het my bedenkinge dat die voorvalle bloot gewone misdaad is as gekyk word na die wreedheid waarmee dit gepaard gaan terwyl daar in baie gevalle weinig of niks gesteel word nie.”

Kelder meen meer bekwame lede en toerusting moet beskikbaar gestel word om moordenaars aan die pen te laat ry.

Mnr. André Botha, voorsitter van AgriSA se nasionale landelike veiligheidskomitee, het in reaksie op die vlaag van aanvalle gesê AgriSA eis dat pres. Kgalema Motlanthe en mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, teen die misdadigers optree.

Hy het gesê die landbougemeenskappe het met hul betrokkenheid by die gevestigde strukture van die polisie gehoor gegee aan die oproep van Motlanthe dat landsburgers met misdaadbekamping moet help.

“AgriSA het nog altyd sy lede geadviseer om binne die wetlike raamwerk op te tree, maar dit raak toenemend moeilik om dié standpunt te handhaaf,” het Botha verder gesê.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |