Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
DA-wetgewerlid en gesin tuis aangehou, beroof
Mnr. Brian Goodall, DA-wetgewerlid, en sy gesin is gisteroggend vroeg in hul huis aan die Oos-Rand aangehou en beroof. “My seun (Peter-John) en sy vrou (Jessica) het uit Engeland by ons kom kuier. Dit is Jessica se eerste keer in die land en sy het juis Donderdag gesê sy wil Suid-Afrika toe trek. Ek twyfel of sy steeds so voel,” het Goodall gesê. Volgens hom het die rowers hulle nie hardhandig gehanteer nie, maar hy kon sien hulle doen dit vir ’n inkomste. “ ’n Mens dink altyd jy lees net in die koerant oor sulke misdade, maar ons voel nou onveilig in ons eie huis en ek is kwaad.” Vyf rowers, van wie die meeste in hul vroeë twintigs is, het om 02:45 by die huis in Bedfordview ingebreek. “Hulle het oor die agterste muur van die erf geklim, die diefwering van die eetkamervenster afgesny en ingebreek,” het Goodall gesê. Die rowers het twee handwapens gehad waarmee hulle Goodall en sy vrou, Lesley, in hul slaapkamer gedwing het om met hulle gesigte na die grond toe te lê. Peter-John het kort vantevore ’n geraas in die erf gehoor en het saam met sy vrou van hul slaapkamer op die eerste verdieping na sy pa se slaapkamer op die grondverdieping probeer loop. “Toe my seun met die houttrappe afgestap kom, het dit een rower verras en hy het op Peter-John geskiet. Die koeël het hom gemis, maar die trap getref,” het Goodall gesê. Die gesin se hande is met die koorde van selfoonlaaiers en handsak-handvatsels agter hul rûe vasgebind terwyl die rowers die huis deurgesoek het. Volgens Goodall het die rowers ’n skootrekenaar, paspoorte, selfone, bankkaarte en geld gesteel. Die gesin is sowat ’n halfuur lank aangehou. Daarna is die rowers by die voordeur uit. Die gesin bly al meer as 34 jaar lank in dieselfde huis en daar was 15 jaar gelede ’n inbraakpoging. Me. Nhlanhla Makoba, polisiewoordvoerder, het gesê ’n klagte van huisroof word ondersoek, maar niemand is nog gearresteer nie.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|