Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
CoCo die nar sterf toe sy
niere ingee
Met sy handstane op twee Bic-penne het CoCo die nar jare gelede kykers se harte in ’n TV-advertensie gesteel. Die man agter dié nar, die 39-jarige Johannesburgse vermaakkunstenaar en sirkusbaas Danie de Jager, se groot hart en lyf het eergisteraand vir altyd stil geword. Volgens sy pa, mnr. Danie de Jager sr., het sy seun, ’n diabeet, Dinsdagaand ’n maagaandoening gekry. “Hy het beter geword, maar my gistermiddag (eergister) laat van ’n winkelsentrum gebel en gesê hy voel so siek hy kan nie verder bestuur nie. Ons het hom gaan haal en hospitaal toe gevat. Sy niere het kort voor 12:00 opgehou werk en hy het gesterf,” het De Jager gesê. De Jager jr. was oor ’n tydperk van 21 jaar sirkusbaas, vervaardiger en regisseur van die sirkus by Gold Reef City in Johannesburg. Hy was ook vermaakbestuurder by dié tema- en pretpark en het stalletjies daar behartig. Sy jonger suster, me. Ria de Jager, sê haar broer was van kleins af lief vir diere en “ ’n hardwerkende perfeksionis met ’n sagte hart wat homself sou indoen om ander te help”. “Danie was die krag wat sirkus in die land aan die gang gehou het en het selfs oorsee gegaan om op die hoogte te bly van die jongste tendense in die sirkusbedryf. Sy leuse was ‘Mag jy altyd die towerkrag van geluk ken’,” het me. Judith Sides, sy besprekingsagent, gesê. “Hy het altyd gesê as ’n kunstenaar regtig suksesvol is, begin die gehoor al hande klap nog voordat hy iets begin doen het. Met Danie was dit so. Hy het baie ander kuns?tenaars van die grond gehelp deur hulle die geleentheid te gee om by Gold Reef City op te tree.” Die begrafnis is Woensdag 11:00 uit die AGS-gemeente in Robertsham, Johannesburg.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|