Gautrein in Beeld
Die Gautrein-projek vorder fluks. Loanna Hoffman het haar kamera byderhand gehad.
Beeld
Wie het wie verneder?
Weideman het dalk bietjie tee oor haar gekry voor 10 of 20 of 100 mense...

Leserskommentaar onderaan.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote


Yengeni: Polisielid hoor ‘graaf wat oor pad sleep’
Nov 21 2008 09:29:31:163PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Illana Frantz


Kaapstad. – ’n Polisiebeampte het gister getuig hoe hy op die aand van die voormalige ANC-hoofsweep Tony Yengeni se inhegtenisneming ’n harde geluid gehoor het, soos “ ’n graaf wat oor die pad gesleep word”.

Konst. Jeremy Voskuil het in die Goodwood-landdroshof in Yengeni se dronkbestuurverhoor getuig. Yengeni ontken skuld.

Voskuil en konst. Charles Jaftha het die aand van 25 November verlede jaar patrolliewerk in Voortrekkerweg gedoen toe hulle die slag gehoor het.

“Ek het omgedraai en gesien hoe die wiele van ’n swart voertuig oor die eiland in Voortrekkerweg gery het en toe weer terug in die pad gekom het.”

Die voertuig het sowat 50 m verder die beweging herhaal, waarna die twee konstabels die voertuig agterna gesit en van die pad getrek het. Voskuil het getuig Yengeni het “onstabiel” voorgekom en het ook getuig hoe hy in Xhosa “ja” geantwoord het toe hy gevra is of hy gedrink het.

“Ek het toe die voertuig deurgesoek en verskeie krapmerke aan die voorkant opgemerk, asook dat die voorste wiel aan die linkerkant pap was.”

Adv. Dirk Uijs SC, vir Yengeni, het dit aan die hof gestel dat die moontlikheid bestaan dat sy kliënt se voertuig oor die eiland kon gery het as gevolg van die pap wiel, wat dit moeilik maak om te bestuur, en nie noodwendig omdat hy onder die invloed van alkohol was nie.

Volgens Voskuil is hy die volgende dag “gedwing” om sekere feite in die dossier en op sy verklaring te verander.

Hy het getuig sy stasie-kommissaris, sr.supt. Siphiwe Hewana, het vereis dat hy die tyd van Yengeni se arrestasie met drie uur moet vervroeg, en dat hy net die eerste botsing met die eiland in die verklaring moet aanmeld.

Hy moes ook glo sê dat die beskuldigde se antwoord op die vraag of hy gedrink het, “nee” was en dat hy net verkoue-medisyne gebruik het.

Landdros Ricardo Phillips wou weet hoekom Voskuil die veranderinge aangebring het, al het hy geweet dit is onwettig en ook hoekom hy nie die voorval aangemeld het nie. Die getuie het baie emosioneel geraak en geantwoord “want ek was bang”.

Die saak is uitgestel.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |