Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

‘Dit was vannag oorlog hier’
Nov 21 2008 09:29:30:227PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Mnr. Job Legemar (48) gister saam met sy jongste dogter, Cariene (9), en sy jongste seun, Dieter (13), voor hul huis in Vaalbank, wes van Bronkhorstspruit. Foto: Theana Calitz
Fanie van Rooyen

‘Dit was vannag oorlog hier. Ons is bly ons almal leef nog.”

So het mev. Ineke Legemar (47) gisteroggend gesê nadat ’n onbekende aantal aanvallers omstreeks 02:00 gisteroggend haar gesin se plaashuis in Vaalbank, wes van Bronkhorstspruit, omsingel en met meer as 30 skote gepeper het.

Dit is die tweede soortgelyke skietvoorval in twee dae in Vaalbank.

Mev. Legemar, haar man, Job (48), en hul vyf kinders, Cor (21), Willemien (20), Petra (16), Dieter (13) en Cariene (9), het wonderbaarlik ongedeerd uit dié skietvoorval gekom.

Die gesin se plaashuis is sowat 3 km van die huis in Vaalbank waar dr. Duncan Prinsloo (61) eergisteroggend deur twee rowers in die rug geskiet en sy vrou, Laetitia (54), doodgeskiet is.

Mev. Legemar het gesê nege van hul huis se vensters is óf stukkend geskiet óf stukkend geslaan en van die koeëls het twee rekenaarskerms en meubelstukke in die huis getref.

“Ek het twee skote in hul rigting afgevuur, wat hulle op vlug laat slaan het, maar ek glo nie ek het een van hulle getref nie,” het sy gesê.

“Ná die tyd was die hele wêreld vol glasstukke en patroondoppies.”

Mnr. Legemar het gesê sy gesin was reeds wakker omdat hul honde die hele aand onophoudelik geblaf het.

“Ons het geweet daar is iets fout en het onsself maar reggemaak,” het mnr. Legemar vertel.

“Toe die eerste drie skote klap, het ek Rayton se gebiedsbeskermingsaksie (GBA) en die polisie gebel.

“Met daai eerste skote het hulle twee van ons honde doodgeskiet. ’n Derde hond het hulle toe reeds vergiftig.

“Daarna was dit vir ’n kort rukkie stil voordat hulle genadeloos op die huis begin losbrand het.

“My vrou het die kinders beveel om onder die beddens weg te kruip en ek, my oudste seun en my vrou het in verskillende kamers stelling ingeneem – ek en my seun met ons pistole en my vrou met ’n rewolwer.

“Die rowers was in daai stadium aan die kant van die huis waar my vrou stelling ingeneem het en sy het twee skote afgevuur.

“Ons kon hulle nie sien nie en hulle kon ons nie sien nie, want al die gordyne was toe.

“Hulle het net eenvoudig lukraak by die vensters ingeskiet.

“Kort nadat my vrou teruggeskiet het, het hulle op die vlug geslaan.”

Die rowers het volgens mnr. Legemar ’n gat onderdeur die elektriese heining, wat om die hele huis span, gegrawe.

“Twee van my motors het buite gestaan en was nie gesluit nie. Die rowers het geen poging aangewend om die motors of enigiets te steel nie.

“Dit voel vir my uit en uit soos ’n moordtog.

Mnr. Johannes Jaftha, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie het eergisteraand ’n belangrike vergadering gehou met lede van die buurtwagte en gebiedsbeskermingsaksies (GBA’s) van Rayton, Cullinan en Bronkhorstspruit om beter te kan saamwerk om die skynbare vlaag van geweldmisdaad in dié gebied hok te slaan.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |