Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Parlement sluit jaar heel ‘grappig’ af
pdutoit@beeld.com Kaapstad. – Mnr. Koos van der Merwe, IVP-hoofsweep, was gister oudergewoonte die grapjas toe die nasionale wetgewer sy werk vir die jaar afgesluit het. Hoewel hy verlede jaar die enigste was wat die vreemde parlementêre tradisie dat LP’s op die laaste sittingsdag van die jaar hoofbedekkings in die Nasionale Vergadering (NV) kan dra eerbiedig het, het enkele ander parlementariërs dit hom gister nagedoen. Me. Sandra Botha, DA-leier in die parlement, het ’n soort boomtak op haar kop gedra; mnr. Andrew Mlangeni (ANC) ’n behoorlike breërand-hoed; mnr. Sakkie Blanché (DA) ’n safarihoed en me. Makhosazana Mdlalose (Nadeco) ’n Kersvader-mussie. Van der Merwe, met ’n Stetson-hoed op, is vroeg in sy afskeidstoespraak deur mnr. Mike Ellis, die DA se adjunk-hoofsweep, tot orde geroep omdat die IVP-hoofsweep verklaar het hy (Ellis) verlaat die parlement: “Ek beskik oor inligting Ellis verlaat die huis. Die president het besluit om hom Suid-Afrika se ambassadeur op Robbeneiland te maak.” Ellis was nie met Van der Merwe se “onthulling” tevrede nie: “Dit is vertroulike inligting en word normaalweg eers bekend gemaak ná die president die aanstellingsbrief onderteken het, Van der Merwe is buite orde!” Me. Fatima Chohan (ANC) wou toe by Van der Merwe weet of hy die huis dus sal bederf met ’n koek omdat hy in die verlede onderneem het om ’n koek te bring wanneer hy ’n afspraak met die staatshoof kry en dit lyk of daardie vergadering gebeur het. “Ek het ’n koek gebring, agbare lid, maar het dit na die kantoor van die speaker en haar adjunk geneem wat dit opgeëet het!” Sowel Mdladlose as mnr. Ian Davidson, DA-hoofsweep, het egter hul afskeidstoesprake gebruik om daarop te wys dat die wetgewer vanjaar meegedoen het aan wetgewing wat verantwoordelik was vir die einde van die Skerpioene en die SAUK se onafhanklikheid. Davidson het die regerende party gekritiseer vir sy houding teenoor die parlement en gesê die nasionale wetgewer is die afgelope vyf maande verhoed om sy regmatige oorsigrol te vertolk omdat hy vir alle praktiese doeleindes “gesluit” was. Mnr. Bulelani Magwanishe, die ANC se adjunkhoofsweep, het gesê sy party respekteer die opposisie en dat die regerende party hul reg om met die ANC te verskil tot die dood toe sal verdedig.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|