Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Lekota moet sê, anders verloor hy weer sy wagte
Kaapstad. – Mnr. Mosiuoa Lekota, voorsitter van die Congress of the People (Cope), moet aan die regering verduidelik waarom hy veiligheidswagte nodig het, anders gaan dié diens weer gestaak word. Lekota se beskermingsdienste is Woensdag opgeskort nadat die tydperk wat hy as oudminister daarop geregtig was, verstryk het. Hy het egter aangevoer dat hy steeds beskerming nodig het omdat sy voertuig vroeër in Johannesburg agtervolg en sy lyfwag in Pretoria ontvoer is. Mnr. Nathi Mthethwa, minister van veiligheid en sekuriteit, het hierop besluit om die regering se beskermingsdienste vir nog ’n week aan Lekota beskikbaar te stel, het mnr. Trevor Bloem, Mthethwa se woordvoerder, gister gesê. “Mnr. Lekota is gevra om die minister binne sewe dae breedvoerig in te lig oor waarom hy op die belastingbetaler se koste beskerming moet geniet,” het Bloem gesê. “Die minister sal dan besluit of die beskerming gestaak of voortgesit moet word onder omstandighede wat die minister sal bepaal.” Volgens Bloem moet Mthethwa ook in gedagte hou dat hy ’n presedent kan stel omdat ander voormalige politieke ampsdraers soortgelyke behandeling sou kon eis. Me. Palesa Morudu, Lekota se woordvoerder, het gister gesê hulle is besig om die nodige voorleggings vir Mthethwa reg te kry, maar hulle is voorlopig tevrede dat Lekota se beskerming herstel is. – Liezel de Lange
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|