Snaakse video's!
Kyk na die nuwe snaakse video's van lesers. Stuur jou video na mystorie@beeld.com
Beeld
'Vroue jag my'
Is alle wit Suid-Afrikaanse vroue (potensiële) prostitute?
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe      
Vennote

Jy is besig om toegang te kry tot geargiveerde inhoud van Beeld se webwerf.
Kliek hier vir ons nuwe webwerf.

ANC-hoës ly by beraad aan NUKke en media-stilstuipe
Nov 21 2008 09:29:28:507PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carien du Plessis

Verkiesingstrategie en dié wat uit die ANC weg is om Cope te vorm, is twee kwessies wat dié naweek aandag gaan geniet.

Lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het gister geweier om met joernaliste te praat wat hulle by Gallagher Estate in Midrand (waar hulle tot môre gaan vergader) ingewag het.

Dit sal na verwagting dié komitee se laaste vergadering vir die jaar wees.

Me. Jessie Duarte, ANC-woordvoerder, het wel gesê verkiesingstrategieë, riglyne vir die ANC se verkiesingslyste, en die manifes-konferensie volgende naweek is van die kwessies wat onder die loep gaan kom.

Die ANC gaan na verwagting ook hierdie naweek besluit om sy lyskonferensie, wat oor drie weke moet plaasvind, uit te stel.

Die party gaan meer tyd nodig hê om dié lyste saam te stel as die spertyd wat hy homself opgelê het.

Beeld het ook gister verneem dat mnr. Jacob Zuma, ANC-leier, die Oos-Kaap wil besoek op dieselfde naweek as wat vir die lyskonferensie opsy gesit is.

Die te stigte party, Cope, wat uit wegbrekers uit die ANC bestaan, gaan na verwagting ook bespreek word. Hierdie party is gevorm sedert die nasionale uitvoerende komitee se laaste vergadering kort ná oudpres. Thabo Mbeki se afdanking gehou is om ontevredenheid in die party te bespreek.

Sedert daardie vergadering het die wegbrekers ’n konvensie gehou en beplan hulle om volgende maand hul stigtingskonferensie te hou.

Daar het, buiten die hofsaak teen Cope se naam, nog nie ’n duidelike ANC-strategie gekom om die wegbrekers te hanteer nie.

Daar word ook bespiegel dat onlangse omstrede uitlatings van mnr. Julius Malema, ANC-jeugligaleier, en Zuma tydens die ANC se vroeë verkiesingsveldtog in verskeie provinsies, ook tydens die vergadering bespreek gaan word.

Intussen het mnr. Kader Asmal, oud-ANC-LP, in ’n onderhoud met die Sowetan gesê die ANC moet tugstappe doen teen Malema. Aangesien Malema deel is van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en -werkkomitee, praat hy namens die ANC. Wanneer hy iets sê wat nie met ANC-beleid strook nie, moet hy ingeperk word.

Hy moet ook nie as ’n toutjiestrekker beskou word nie.

Asmal het ook Zuma gekritiseer oor sy uitlating dat jong meisies wat babas kry, van hul kinders geskei en ver weg gestuur moet word vir onderwys.

Dit is “macho en seksisties”, het Asmal gesê.

Asmal het vroeër vanjaar uit die parlement bedank want hy “kon nie deel wees van ’n liggaam wat die Skerpioene ontbind nie”.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |